Leesvordering:

Student bly koersvas ten spyte van tragedie

Nov 17, 2021

deur May-Li Swanepoel

Ruván Tarbitt, ʼn 20-jarige LLB-student van Pretoria, droom nog altyd daarvan om een van Suid-Afrika se vooraanstaande advokate te wees. ʼn Tragiese ongeluk en die verlies van sy stiefpa het egter in sy graad 11-jaar soos ʼn donker wolk oor hom gehang.

Tarbitt en sy gesin het ʼn paar jaar gelede ʼn lugballonrit ter viering van sy ma se 50ste verjaarsdag by familie as geskenk gekry. Hierdie opwindende ervaring het egter tragies geëindig – talle passasiers is in ʼn ongeluk beseer, en ʼn ander passasier het aan haar beserings beswyk. Tarbitt se ma en vyfjarige sussie het ernstige besering opgedoen en moes vir verdere behandeling na ʼn hospitaal gehaas word.

In die tyd wat Tarbitt se ma en sussie gehospitaliseer was, het Tarbitt in ʼn onverwante voorval ook sy stiefpa verloor. Daarna het hy verantwoordelikheid vir die huishouding oorgeneem en na sy ma, sussie en broer omgesien.

Nadat sy sussie ontslaan is, moes sy weens die nagevolge van die ongeluk ʼn kateter dra en moes hy haar versorg. Die mediese onkoste vir beide Tarbitt se ma en kleinsussie het meer as R1 miljoen beloop.

As gevolg van die uitermatige mediese onkoste, begrafnisuitgawes en die ander maandelikse huishoudelike uitgawes, was dit nie moontlik vir die Tarbitt-gesin om tersiêre studiekoste te betaal nie.

Vir ses maande lank, te midde sy graad 11-eindeksamen, het Tarbitt die verlies van sy stiefpa, die verantwoordelikheid van die huishouding, die versorging van sy ma en kleinsussie en die omsien na sy broer op sy skouers gedra.

Tarbitt het egter nooit teruggestaan vir die uitdagings wat die lewe oor sy pad gebring het nie. Hy het, ten spyte van sy omstandighede, volhard en uiteindelik in 2019 sy matriekjaar met lof geslaag. Tarbitt het daarna in 2020 met die Helpende Hand Studietrust (HHST) paaie gekruis, en te danke aan ʼn rentevrye studielening wat deur die HHST aan hom toegeken is, is Tarbitt vandag ʼn tweedejaar-LLB-student aan Akademia.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest