Leesvordering:

Suid-Afrika in tegniese resessie – hoe raak dit jou?

Okt 1, 2018

Dit is Suid-Afrika se negende resessie sedert 1961. Alhoewel die verswakking van die ekonomie, en daarmee saam die rand, Suid-Afrika goedkoop maak vir toerisme, gaan Suid-Afrikaners tien teen een nie vanjaar die wêreld vol kan reis nie.

‘n Land beleef ’n tegniese resessie as die bruto binnelandse produk (BBP) twee agtereenvolgende kwartale afneem. Suid-Afrika se ekonomiese groei het eers met 2,2% in die eerste kwartaal en toe in die laaste kwartaal met 0,7% afgeneem. Die BBP is een van belangrikste ekonomiese aanwysers wat toon hoe gesond ’n land se ekonomie is. Maar wat beteken dit vir Suid-Afrikaners in die buiteland?

Effek van die resessie

As jy in die buiteland woon en nog geliefdes in Suid-Afrika het, sal hulle nie binnekort kan gaan kuier nie. Die grootste effek van ’n resessie is die druk wat dit op verbruikers plaas. Dit hang ook natuurlik af van hoe lank die resessie voortduur, maar die rand se waarde word daardeur beïnvloed, wat weer die invoer van olie duurder maak en veroorsaak dat brandstofpryse styg. Wat tipies gebeur, is dat die waarde van salarisse verminder en pryse verhoog. Dit beteken verbruikers begin van krediet lewe en sukkel om hul skuld te betaal. Suid-Afrikaners sal minder reis, nie net as gevolg van druk op hulle persoonlike finansies nie, maar ook omdat ander geldeenhede dan veel duurder is. In daardie geval mag dit dalk beteken dat jy eerder in Suid-Afrika moet kom kuier en jou dollars hiér laat tel!

Raad om resessiebestand te wees

Watter raad kan jy jou geliefdes in Suid-Afrika gee?

  1. Skep onmiddelik ’n ekstra spaarfonds.
  2. Sny dadelik jou uitgawes.
  3. Hou aan spaar.

Verbruikers is geneig om tydens ’n resessie uit hulle spaarfonds te leef, maar die oplossing is om jou leefkoste soveel te sny as wat jy kan. Probeer steeds spaar en skep selfs ’n ekstra spaarfonds waar jy al jou geld bêre wat jy gewoonlik op ’n restaurantete, ’n Starbucks-koffie of DSTV sou spandeer.

Wat het die resessie veroorsaak?

Die landbousektor was die grootste bydraende faktor tot die negatiewe ekonomiese groei. As gevolg daarvan het die rand sedert Augustus met 10% teenoor die dollar verswak. Die landbousektor se BBP-syfer het met 29,2% verswak. In die eerste kwartaal het landbouproduksie reeds met 33,6% gedaal. Dit is ’n drastiese afname in die uitset van kommersiële boerdery in Suid-Afrika.

’n Resessie is niks nuut nie; regeringsbeleide wat die ekonomie benadeel ook nie. Of jy nou ’n Suid-Afrikaner is wat reeds in die buiteland werk en of jy beplan om binnekort te gaan, die resep bly dieselfde: Dit is elkeen se plig om te bou daar waar hy of sy is. Dit is deel van ons DNS om selfs wanneer die ekonomie swaar trek nuwe ondernemings te begin, nuwe geleenthede raak te sien en slimmer te werk. Skep moed en maak jouself resessiebestand!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest