Leesvordering:

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Mei 8, 2024

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer.

Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel was om dié rekord te breek en ek het vir myself ’n doelwit gestel om tussen 550 en 650 feesgangers te lok. Ek is verheug om te sê dat daar vanjaar 600 feesgangers was wat die Braai-en-potjiefees bygewoon het! Die plan vir volgende jaar is 700 feesgangers, wat ek dink moontlik is. Ons gaan meer aandag aan bemarking gee, want daar is steeds mense wat ná die tyd genoem het dat hulle nie van die fees geweet nie.            

Hoeveel potjies het vir die kompetisie ingeskryf? Wie was die wenners?

Ons het 32 potjie-inskrywings gehad. Daar was beesstert-, seekos-, lamsnek-, heellamblad-, varkribbetjie-, bees- en hoenderroompotjies. Daar was selfs ’n malvapoedingpot.

Ek het twee nommer 20-potte gemaak, wat ek natuurlik nie kon inskryf nie. Een was ’n lamtamatiebredie en die ander ’n kerriehoenderpot.

En die wenners is …

Die wenner was Fanie Kalp, wat ’n beestertpotjie gemaak het.

In tweede plek was Jessica en Cobus Pienaar, wat wilds-en-beesvleispotjie gemaak het.

In die derde plek was Mark Kiddie (2023 se wenner), wat ’n beesstertpotjie gemaak het.

Watter ander aktiwiteite het tydens die fees plaasgevind?

Vrydag het almal gearriveer, mekaar beter leer ken en net sommer lekker genetwerk. Dit was ook die aand wat ons vir almal gebraai het. Dié jaar het ons vir Fatman gehad wat ons op die Vrydagaand vermaak het, terwyl almal gesokkie en net lekker saamgekuier het.

Saterdag het ons boeresport aangebied: sakresies, driebeenresies en toutrek om net ’n paar items te noem. En dan die groot potjiekompetisie. Nadat die wenners van die potjiekoskompetisie aangekondig is, het Die Campbells opgetree, terwyl almal lekker gesokkie het.

Sondag is die fees op gepaste wyse met ’n kerkdiens afgesluit.

Hoekom bied jy die Braai-en-potjiefees aan?

Die fees is in 2019 begin om die mense aan die Ooskus te laat voel of hulle tuis is tussen hul mense. Die fees het nou gegroei en mense van regoor die hele VSA woon nou die fees by. Daar kom mense van heinde en verre om die fees by te woon; self mense vanuit Kanada en Londen het die fees bygewoon. Vanjaar was daar ’n paartjie wat 2 054 myl ver van Seattle af gereis het om die fees by te woon.

Die grootste sokkie in die VSA het op 27 April in Atlanta plaasgevind. Vertel ons meer van die sokkie en die kunstenaars wat daar opgetree het.

Die Atlanta Opskop was iets nuuts wat ons vanjaar vir die eerste keer aangebied het. Atlanta het ’n groot Suid-Afrikaanse gemeenskap en ons het gedink dis ’n goeie beginpunt. Dit is net ’n eenaandvertoning waar mense al hul danspassie kan uithaal en wys.

Die kunstenaars was Fatman en Die Campbells, en daar was nagenoeg 180 mense wat die Atlanta Opskop bygewoon het. Dit was ’n groot sukses en dit sal nou ’n jaarlikse instelling wees, met die moontlikheid om ander state ook by te voeg.

Jy reeds begin beplan aan volgende jaar se fees. Waarna kan mense in 2025 uitsien?

Ons is besig met onderhandelinge met twee topkunstenaars uit Suid-Afrika. Ons hoop om teen die einde van Mei te weet of ons die knoop gaan deurhaak.

Die Campbells is ’n jaarlikse instellings en hulle sal beslis weer volgende jaar terug wees.

Behalwe vir die fantastiese vermaak waarna almal kan uitsien, het ons reeds aansoeke gekry van nuwe uitstallers wat hul produkte wil kom verkoop.

Daar is paar verrassings, maar ons gaan nie nou al die aap uit die mou laat nie.

Ons wil graag ons borge bedank, asook elkeen wat die fees en opskop bygewoon het. Jul teenwoordigheid dra tot die byeenkomste se sukses by.


Waar kan mense betrokke raak en meer inligting kry om seker te maak dat hulle nie die gebeure misloop nie?

Suid-Afrikaans Braai-en-potjiefees in Richmond:

Webtuiste: www.sabraaifest.com

E-pos: info@sabraaifest.com

Facebook-blad: facebook.com/SouthAfricansRVA

South African Events in USA:

Webtuiste: www.southafricaneventsusa.com

E-pos: info@southafricaneventsusa.com

Facebook-blad: www.facebook.com/SAEUSA

Foto’s: SA Braai Fest

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest