Leesvordering:

SUID-AFRIKAANSE IMMIGRASIEREGULASIES DRAAI SKROEWE AAN VIR BUITELANDSE EGGENOTE

Apr 28, 2016

Die huidige Suid-Afrikaanse Immigrasieregulasies het op 26 Mei 2014 in werking getree. In hierdie artikel word die effek daarvan bespreek op mense wat probeer om ‘n visum te hernu of bekom.

Die Suid-Afrikaanse Immigrasieregulasies verklaar mense wat met verstreke visums reis, as ongewenste persone. Dit is baie kontroversieel, want talle buitelanders doen aansoek om hernuwing van hul visums binne die voorgeskrewe 60 dae voor die verstryking daarvan, maar ontvang dit nie betyds nie. ‘n Gesin van Newlands is deur hierdie Regulasies uitmekaargeskeur toe Louise Johnson, ‘n gebore Deen wat met ‘n Suid-Afrikaanse burger getroud is, verbied is om die land weer binne te kom ná ‘n gesinsvakansie in Namibië. Hoewel Louise betyds aansoek gedoen het om die hernuwing van haar visum, het sy die hernuwing nie betyds ontvang nie en is as ‘n ongewenste persoon verklaar.

Om ‘n huweliks- of lewensmaatvisum te bekom, moet ‘n mens kan bewys dat die verhouding reeds minstens twee jaar bestaan het voordat aansoek gedoen is vir die visum en dat dit na die twee jaar steeds bestaan. Jy kan eers aansoek doen om permanente verblyf nadat jy vir ‘n aaneenlopende tydperk van vyf jaar getroud of in ‘n lewensverhouding is met ‘n Suid-Afrikaanse burger of die houer van ‘n permanente verblyfpermit.

Die verwerking van visumhernuwings duur dikwels maande. In die verlede was ‘n kwitansie van die Departement van Binnelandse Sake, wat aandui dat ‘n aansoek hangende is, voldoende. Die nuwe regulasies het ‘n einde hieraan gemaak. Buitelanders wat tussen een en dertig dae in Suid-Afrika bly ná die verstryking van hul visums, word vir ‘n tydperk van 12 maande as ongewens beskou. ‘n Tweede oortreding binne ʼn tydperk van 24 maande sal veroorsaak dat hulle vir ‘n tydperk van twee jaar as ongewens verklaar word en as hulle vir meer as dertig dae onwettig in die land is, sal hulle vir vyf jaar as ongewens geklassifiseer word.

Olivia Lock, ‘n Britse burger wat met ‘n Suid-Afrikaner getroud is, is in Mei verbied om vir 12 maande na Suid-Afrika terug te keer omdat sy die land met ‘n vervalde visum verlaat het terwyl sy gewag het dat haar aansoek om die hernuwing van haar visum goedgekeur word. Shaima Herman, ‘n Amerikaanse burger wat met ‘n Suid-Afrikaner getroud is, is ook as ‘n ongewenste persoon verklaar nadat sy al twee jaar lank gewag het dat haar aansoek om ‘n huweliksvisum goedgekeur word. Volgens haar man het sy die departement van binnelandse sake reeds 14 keer besoek en nog steeds nie ʼn visum gekry nie.

Haniff Hoosen van die Demokratiese Alliansie het gesê: “Mediaverslae en openbare protes dui daarop dat die nuwe regulasies in minder as ʼn maand reeds gesinne uitmekaargeruk het, beleggers ontmoedig het en gelei het tot die opskorting en selfs kansellasie van multimiljoenrandse film- en toerismeondernemings.” Hy het gevra dat die regulasies deur die parlementêre portefeuljekomitee vir binnelandse sake hersien en bespreek moet word.

Die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, hou vol dat die nuwe immigrasieregulasies in die beste belang van Suid-Afrika se sekuriteit is – ‘n onvoldoende verskoning vir ‘n ondoeltreffende beleid. Hy sê verder: “Weglatings en ‘n gebrek aan definisies en kriteria veroorsaak ernstige kommer oor die nuwe regulasies; dit kan lei tot ‘wanaanwending en misbruik’ deur die departement van binnelandse sake en sy amptenare.”

Hierdie regulasies sal waarskynlik binnekort in die hof onder die spervuur kom. In die tussentyd sal dit die beste wees om te voorkom dat jy as ‘n ongewenste persoon verklaar word deur Suid-Afrika nie sonder ‘n geldige visum te verlaat nie.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet liefs nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige skade of verlies as gevolg van die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. Foute en weglatings uitgesonder (E&OE).

Saamgestel deur SucceedGroup vir HEYNS EN VENNOTE INGELYF

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Hierdie week se kollig is op Wolkskool. Wolkskool is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Renzo Harmse, wat...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest