Leesvordering:

Suid-Afrikaanse Kiwi-karpvangers verteenwoordig Nieu-Seeland by wêreldtoernooi

Sep 21, 2017

Marius Koekemoer en Gareth Edwards, twee Suid-Afrikaanse karphengelaars van Auckland, is tans in Frankryk waar hulle aan die World Carp Classic-toernooi deelgeneem het.

Hoewel die toernooi al vir 19 jaar bestaan en 95 spanne van regoor die wêreld hiervoor inskryf, was dit die eerste keer dat ’n span Nieu-Seeland daar verteenwoordig het. Dié twee mans is al vyf jaar gelede uitgenooi om vir die toernooi in te skryf, maar hulle kon tóé nie die nodige fondse bymekaarmaak nie. Nou was hulle daar om aan die kompetisie deel te neem, wat in talle lande op televisie uitgesaai is.

Die spanne het karp by Madinemeer oor ’n tydperk van vyf aaneenlopende dae gevang. Marius sê dat Europese spanne die byeenkoms soos gewoonlik gedomineer het.

Karphengel is ’n gewilde tydverdryf in Europa. Marius en Gareth is ou hande wat dit al lank in Suid-Afrika beoefen het. Hullle het jare gelede ‘n klub op die Noordelike Oewer van Auckland gestig en hoop om dié sport meer sigbaar vir Nieu-Seelanders te maak. Hul gunstelinghengelplek is die grote Waitatorivier, “want die karp daar is baie en groot!”.

Hulle besef dat hulle nie onder die gunstelinge getel het van al die professionele karphengelaars teen wie hulle meeding nie. Hulle laat hul egter nie intimideer nie en het goed vir die grootste toernooi van hul lewens voorberei.

As deel van hul voorbereiding het hulle talle aanlyn video’s bestudeer om wenke by professionele hengelaars in Europa te kry en om te bepaal watter soort aas die omstandighede in Frankryk die beste pas.

Hulle het probeer om karpvangers in Europa op te spoor wat Madine en die omgewing ken om ’n byeenkoms met hulle reël, maar dit was onsuksesvol. Hulle het egter ’n Fransman opgespoor wat sy eie vissery besit, en hy was bereid om hulle vir ’n paar dae na die viswater te vergesel om sy kennis oor plaaslike omstandighede met hulle te deel.

Deur Philip Langenhoven van Nieu-Seeland vir Kiwi-Brokkies.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest