Leesvordering:

Suid-Afrikaanse uitvindsels – iets om op trots te wees

Jan 27, 2024

Suid-Afrikaanse uitvinders staan beslis nie terug vir dié van ander lande nie. Van die voorste aanlyn stelsels, mediese wondertoestelle en selfs ’n gom wat al in die ruimte ’n draai gemaak het, is deur Suid-Afrikaners ontdek of ontwerp!

Hier is ’n paar van daardie uitvindsels:

Dolosse

Dolosse is so Suid-Afrikaans soos mieliepap en braai. Wie sou kon dink dat dié 80 ton-betonblokke se unieke ontwerp deur die Suid-Afrikaner Aubrey Kruger al sedert 1963 hawens reg oor die wêreld teen stormwaters beskerm. Kruger was ’n tekenaar by die hawe in Oos-Londen en het die dolos ontwerp nadat sy baas, die ingenieur Eric Merrifield, hom versoek het om iets te ontwerp wat die hawe teen stormwater kon beskerm.

CAT-skandeerder

Al ooit vir ’n CAT-skandering gegaan? Wel, dit is te danke aan die Britse ingenieur Godfrey Hounsfield en die Suid-Afrikaanse fisikus Allan Cormack wat die skandeerder in 1972 ontwerp het. Meer as 30 000 CAT-skandeerders word deesdae wêreldwyd gebruik.

Pratley Putty

Dié gom is deur George Pratley ontwerp, oorspronklik met die doel om elektroniese komponente aanmekaar te hou. Dit is selfs in 1969 gebruik om die Apollo XI-maanlandingsvaartuig te bou! George is in Johannesburg gebore en het aan Wits Universiteit studeer. Hy het twee jaar by die Durban Deep Gold Mine gewerk voordat hy in 1948 sy eie besigheid met 349 pond in Roodepoort begin het.

Olieblik-kitaar

Suid-Afrikaners verander nie net die wêreld met topskandeerders en tegnologie nie, maar ook met musiek! Die Kaapstadse ingenieur en kitaarspeler Graeme Wells het die oliekan-kitaar ontwerp en dit word deesdae selfs deur UB40 gebruik!

Q20

’n Mnr. Robertson van Pinetown het Q20-olie in 1950 uitgevind. Dit is uniek omdat dit swaarder as water is. Triton-Leo verkoop deesdae meer as 1,5 miljoen blikkies per jaar reg oor Suid-Afrika en geniet 70% van die markaandeel. Sowat 100 000 blikkies word ook per jaar in Europa en Asië verkoop. Daar is gerugte dat party mense dit selfs vir artritis gebruik en een man in die Vrystaat het aangedui dat hy dit ook as skeerroom gebruik!

Shark Shield

Nog ’n uitvindsel wat die wêreld oor gebruik word, is die Shark Shield, die enigste suksesvolle haai-afweertoestel. Dit is in die negentigs deur die KwaZulu-Natalse Haairaad ontwerp.

Tellurometer

Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) het die eerste suksesvolle elektroniese meter uitgevind wat afstand met mikrogolwe kan meet. Dit het veral bygedra tot die vervaardiging van kaarte, omdat die toestel tot 50 km ver kan meet.

SASOL (Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie)

Sasol is ’n merkwaardige suksesverhaal wat reeds uit 1950 dateer. Sasol se hoofaanleg in Secunda is die enigste kommersiële installasie ter wêreld wat steenkool in vloeistof omskakel. Dit maak Sasol die grootste vervaardiger van sintetiese brandstof. Die brandstof is reeds sedert 1955 by vulstasies in Suid-Afrika beskikbaar.

Vlamionisasie-opspoorder

Dié wetenskaplike instrument meet analiete in gas. Die toerusting is gelyktydig in Suid-Afrika en in Nieu-Seeland en Australië ontwikkel. In Suid-Afrika is die tegnologie deur Victor Pretorius en J. Harley by die Universiteit van Pretoria ontwikkel. Pretorius was ’n direkte afstammeling van Andries Pretorius.

CyberTracker

Die fisikus Louis Liebenberg en die rekenaarwetenskaplike Lindsay Steventon het die CyberTracker in 1996 ontwikkel. Dié tegnologie word gebruik om diere van alle groottes en vorme op te spoor en maak gebruik van ’n satelliet-navigasiestelsel soortgelyk aan dié van ’n GPS. Dit stel wetenskaplikes in staat om die beweging en migrasie van diere uit die gemak van hul laboratoriums dop te hou.

Mxit

Mxit is in 1997 deur Herman Heunis van Stellenbosch ontwikkel as alternatief vir duur SMS-boodskappe. Dit is amptelik in 2006 geloods en is op sy hoogtepunt deur sowat 7,2 miljoen mense in 120 lande gebruik.

Ons-denominasie Goue Munt

Die Krugerrand is die wêreld se eerste goue munt met ’n ons-denominasie. Dit is op 3 Julie 1967 deur die SA Mint gemunt. Die naam Krugerrand is afgelei van Paul Kruger se naam.

MBA

Die eerste MBA-program buite Noord-Amerika is in 1949 aan die Universiteit van Pretoria aangebied – in Afrikaans.

Jukskei

Jukskei is ’n soort Afrikaanse boeresport wat reeds in 1743 aan die Kaap ontwikkel is deur transportryers. Dit was die voorloper van die Amerikaanse speletjie horseshoe pitching wat gewild was onder verskeie Amerikaanse presidente, byvoorbeeld president Bush (die eerste) en president Truman. Truman het selfs ’n baan by die Withuis laat oprig sodat hy gereeld kon speel.

Hartoorplanting

Die wêreld se eerste mens-tot-mens-hartoorplanting is op 3 Desember 1967 deur dr. Chris Barnard uitgevoer. Barnard het ’n dekade se ervaring as kardioloog gehad voor hy en ’n span van dertig, onder wie sy broer Marius Barnard, op dié dag die eerste suksesvolle oorplanting gedoen het. Die pasiënt, Louis Washkansky, het vir 18 dae na die operasie geleef voordat hy weens komplikasies gesterf het. Die eerste suksesvolle penisoorplanting is ook in Desember 2014 deur André van der Merwe van die Universiteit Stellenbosch gedoen.

Foto: Susan Jones on Unsplash

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest