Leesvordering:

Suid-Afrikaners in die VSA: 7 bekendes wat naam gemaak het

Jan 9, 2019

Kenners reken dat daar vanjaar ’n rekordhoeveelheid navrae is van Suid-Afrikaners wat wil emigreer. Met die meeste Suid-Afrikaners wat kies om na die Verenigde Koninkryk, Australië, die VSA en Nieu Seeland toe te gaan, is dit geen wonder dat Suid-Afrikaners in die buiteland ook vir hulself naam maak nie. Onthou jy vir Bart van 7de Laan? Of het jy al PayPal gebruik? Wel, hier is sewe Suid-Afrikaners wat na die VSA verhuis het en Suid-Afrika se naam hoog hou.

Neil Sandilands

Die akteur Neil Sandilands, wat in 7de Laan gespeel en homself in 2007 in Los Angeles gaan vestig het, het ’n paar groot rolle losgeslaan. Hy het gereelde rolle gekry in die program The 100 en Robert Redford se Hap & Leonard. Hy het ook in die spioendrama The Americans gespeel en groot beroemdheid verwerf vir sy rol in The Flash.

Roelof Botha

Roelof Botha is in Pretoria gebore en is een van die topwaagkapitaliste in die VSA en ’n vennoot by Sequoia Capital. Hy is ook op die raad van maatskappye soos Jawbone, Evernote, Tumblr en Weebly, en hy was die adjunkpresident van PayPal.

View this post on Instagram

So serious… 🤔

A post shared by Roelof Botha (@roelofbotha) on

Paul Maritz

Paul Maritz is die medestigter van Pi Corporation en was ook uitvoerende hoof van VMware en president van EMC Corporation. Hy is ’n rekenaaringenieur, is al benoem as een van in die invloedrykste bestuurders en is ook die wenner van ’n Morgan Stanley-leierskaptoekenning.

Liam Pedersen

Liam is in Kaapstad gebore en het bekendheid verwerf as ’n NASA-navorser waar hy gehelp het om robotte te bou wat vir lewe op Mars kan soek. Hy is vandag in beheer van Nissan se selfstandigemotorafdeling in California.

Willem van Biljon 

Hoewel Willem van Biljon weer terug is in Suid-Afrika as uitvoerende hoof van Takealot, het hy eers Mosaic Software gestig, wat die Postilion-betaalstelsel aan S1 Corp verkoop het. Hy het later by Amazon gewerk, waar hy ook stelsels ontwikkel het.

Lyndon Rive

Lyndon is die medestigter van SolarCity, een van die bekendste skoonenergiehandelsname in die VSA. Hy het Suid-Afrika as 17-jarige verlaat.

Pieter de Villiers 

Pieter de Villiers is ’n bekende belegger in San Francisco; hy is die medestigter van Clickatell en een van die leiers wat betaalstelsels betref.

Ander Suid-Afrikaners soos Nathan Kirsh, ’n eiendomsmagnaat in Swaziland, Elon Musk, wat US$8,8 miljard werd is, en die mynmagnaat Ivan Glasenberg, wat in Australië aan die hoof is van Glencore Xtrata, tel onder die ses rykste Suid-Afrikaners ter wêreld. Jy het rede om trots te wees op jou herkoms, want as jy ’n gebore Suid-Afrikaner is, is jy in goeie geselskap!

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Deur Leandie Bräsler Tegnologie ontwikkel op ’n daaglikse basis. Dieselfde kan gesê word van kinders se vermoë om te boelie: Boeliegedrag wat eens net op die skoolterrein of op die skoolbus plaasgevind het, het nou beweeg na boeliegedrag deur die gebruik van...

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest