Leesvordering:

Suid-Afrikaners kuier gesellig by Potjiefees in Texas

Nov 5, 2019

Vanjaar se Texas Potjiefees in Houston in die VSA was weer eens ’n reusesukses met sowat 600 mense wat dit bygewoon het.

Dié jaarlikse Suid-Afrikaanse fees is 19 jaar gelede begin toe Fred en Yvonne Reinhardt ’n paar vriende vir Thanksgiving oorgenooi het. Daar het ’n behoefte onder Suid-Afrikaners ontstaan om elke jaar bymekaar te kom en nou is die fees só groot dat daar sommer ’n hele naweek saamgekuier word. Dit vind elke jaar tydens die laaste naweek van Augustus plaas.

Die fees is vanjaar by Lake Conroe in Houston gehou en deur Gerhard en Charlotte Retief, Elna Reinach, Jaco Steynberg en Jaco van Zyl gereël. Hulle doen dit vrywillig en meen dit is belangrik om só ’n fees te hê waar Suid-Afrikaners gesellig saam hulle vriende en familielede kan kuier en hul erfenis vier.

Wêreldwyd, ’n inisiatief van AfriForum, het die fees geborg en die kunstenaar Adam Tas saamgenooi om vermaak te verskaf.

Die grootste aantrekkingskrag van die fees is sonder twyfel die Afrikanerkultuur. Afrikaans het by die fees floreer en selfs die Amerikaanse eggenote van Suid-Afrikaners het Afrikaans gepraat. Daar is ook opvallend baie kinders wat in die buiteland gebore is en trots Afrikaans praat.

Wêreldwyd is trots om deel van die fees te wees omdat dit een manier is om Afrikaans lewend te hou. Terselfdertyd kry Suid-Afrikaners buite die land formeel die geleentheid om hul Afrikanerskap en gedeelde erfenis te vier. Hierdie buitelanders word as ambassadeurs bestempel wat ’n kosbare bydrae lewer.

Die vure het ook hoog gebrand by die Kalahari Kraal-kamp waar Jaco Steynberg, Jaco (Syla) van Zyl, Jaco du Plessis en Pieter Cilliers aan die stuur van sake was. Dié inisiatief is begin om ’n geleentheid te skep waar Afrikaners in Texas mekaar in ’n familievriendelike omgewing beter kan leer ken. “Suid-Afrikaners kom baie keer vars van die skip hier aan sonder enige ondersteuningsnetwerk,” sê Cilliers.

Egte boerelekkernye soos biltong, droëwors, boerewors en koeksisters, om slegs ’n paar te noem, is te ete voorgesit tydens die boerebasaar wat oor die naweek gehou is. Selfs boeresport met ’n skattejag waaraan die jongspan kon deelneem is aangebied, terwyl die sokkie wat die Saterdagaand gehou is een van die hoogtepunte van die fees was. Jonk én oud het tot middernag geskoffel op die maat van boeremusiek en ander Afrikaanse musiektreffers.

’n Kerkdiens is die Sondagoggend deur die Afrikaanse Kerk Texas gehou. Buiten vir eg Suid-Afrikaanse gasvryheid was Adam Tas se optrede die Sondagaand ’n hoogtepunt. Hy het die gehoor behoorlik op hul voete gehad en die laaste liedjie het nie by ’n laaste liedjie gebly nie. Ichnus Wait, bestuurder van die Buffelsfontein-handelsmerk, het die ongelooflike konsert afgesluit en die gehoor bekoor met sy weergawe van tradisionele Afrikaanse liedjies.

Wêreldwyd sien daarna uit om volgende jaar wéér deel van die Texas Potjiefees te wees!

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

’n Netwerk wat vir jou werk

’n Netwerk wat vir jou werk

Deur Sue-Ann de Wet Die belangrikheid van ’n ondersteunende netwerk kan nie onderskat word nie. Die bou van ’n netwerk in ’n nuwe land gaan oor meer as net sake doen of werk soek; dit gaan ook oor die skep van ’n ondersteuningsbasis wat jou kan help om die gevoel van...

Opwindende nuus: Akademia eersdaags in die Wes-Kaap

Opwindende nuus: Akademia eersdaags in die Wes-Kaap

Akademia betree vanjaar ʼn nuwe groeifase. Die akademiese jaar het op ʼn hoë noot begin deur onder meer die ingebruikneming van ʼn bykomende voltydse kampus in Centurion asook die bekendstelling van twee splinternuwe koshuise. Hiermee saam is die instelling, wat vanjaar...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest