Leesvordering:

Suid-Afrikaners wat in ’n ander land vir ’n Suid-Afrikaanse onderneming werk

Okt 11, 2021

Dit gebeur toenemend dat Suid-Afrikaners oorsee verhuis om vir ’n oorsese maatskappy te werk en hul lewensmaats dan op die beurt deur húl werkgewers versoek word om voort te gaan om van die nuwe land af vir hulle te werk.

Die vraag ontstaan dan: “Moet die werknemer steeds in Suid-Afrika belas word?” Daar word ook dan gevra hoe die werknemer betaal gaan word – in Suid-Afrika of oorsee?

Die werknemer moet ophou om belasting van die werknemer te verhaal as dit duidelik is dat die werknemer minder as 183 dae in Suid-Afrika gaan wees tydens enige tydperk van 12 maande. Artikel 10(1)(o)(ii) gee vrystelling van enige vergoeding wat ontvang word deur of opgehoop word aan ’n persoon deur middel van enige salaris, verlofbetaling, loon, oortyd, bonus, toelaag, kommissie en fooie soos van toepassing op dienste wat buite die Republiek van Suid-Afrika gelewer word vir of namens enige werkgewer, op voorwaarde dat die persoon buite die Republiek van Suid-Afrika was –

  • vir ’n tydperk of tydperke langer as 183 dae in totaal tydens enige 12-maande periode wat begin of eindig gedurende daardie of enige ander assesseringsjaar; en
  • vir ’n aaneenlopende tydperk langer as 60 volle dae tydens so ’n periode van 12 maande (dit kan deel wees van die 183 dae buite die landsgrense); en
  • sodanige dienste gelewer is tydens die periodes wat daar buite die Republiek gewerk is.

Die vergoeding waarna daar in hierdie artikel verwys word, sluit byvoordele en voordele wat onder werknemeraandeleskemas gebied word, in.

Die betaling moet van toepassing wees op persone wat in diens geneem is. Onafhanklike kontrakteurs (persone in eie diens) mag nie van die vrystelling gebruik maak nie. Die betaling hoef nie ooreen te kom met die tydperk waartydens die persoon buite die Republiek was nie. Dit moet slegs van toepassing wees op die werk wat buite Suid-Afrika gedoen is.

Dit is baie belangrik dat die werkgewer die regte kodes gebruik sodat die werknemer die vrystelling kan ontvang. Die salariskode vir dienste wat in Suid-Afrika gelewer word, is 3601. Indien die werknemer oorsee werk, moet die werkgewer die kode 3651 gebruik. Vergoeding vir buitelandse werk moet aangedui word onder die relevante kode op die belastingbetaler se IRP5-sertifikaat. Dit moet verklaar word onder die toepaslike afdeling van die belastingbetaler se inkomstebelastingopgawe wat verwys na inkomste wat as niebelasbaar beskou word. Die IRP5-kode vir hierdie niebelasbare inkomste is 3651. As die IRP5-kode verkeerd is, sal die belastingbetaler sukkel om die vrygestelde inkomste te eis.

Dit gebeur dikwels dat die werkgewer die werknemer in haar Suid-Afrikaanse bankrekening betaal en die werknemer dan ’n gedeelte van haar R1 miljoen jaarlikse reistoelae moet gebruik om geld oorsee te kry. Die werknemer kan ’n nuwe kontrak met die werkgewer laat opstel om as onafhanklike kontrakteur in diens te wees sodra sy oorsee werk. Die werknemer moet dan elke maand ’n faktuur aan die werknemer uitreik en die werkgewer sal die werkgewer dan direk in die ander land kan betaal.

Kontak gerus vir Fanus Jonck, ’n Suid-Afrikaanse belastingkonsultant, oor enige belastingnavrae (tax@jonck.net).

Meer oor die outeur

Fanus Jonck

Fanus Jonck is 'n ervare belastingskonsultant. Kontak hom gerus vir enige belastingsverwante navrae deur 'n e-pos te stuur na tax@jonck.net

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest