Leesvordering:

Suid-Afrikaners wat tuis vasgekeer is, kan ‘n belastingskok kry

Sep 9, 2020

Suid-Afrikaanse ingesete belastingbetalers wat weens die internasionale COVID-19-reisbeperkings nie na hul buitelandse take kon terugkeer nie, kan ‘n slegte belastingverrassing kry.

Suid-Afrikaners word op hul wêreldwye inkomste belas, veral op besoldiging as hulle in die buiteland werk, sê Cor Kraamwinkel, vennoot by Webber Wentzel.

Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, was gelukkig dat hul totale buitelandse inkomste tot Maart vanjaar van Suid-Afrikaanse belasting vrygestel is. Nou is slegs die eerste R1,25 miljoen belastingvry.

Om in aanmerking te kom vir hierdie vrystelling, moet die Suid-Afrikaanse ingesete belastingbetaler (iemand wat in Suid-Afrika woon maar hoofsaaklik in die buiteland werk) egter ‘n fisieseteenwoordigheidstoets slaag. Om te slaag, moet die persoon gedurende enige periode van 12 opeenvolgende maande 183 dae buite Suid-Afrika se grense wees, en 60 daarvan moet aaneenlopend wees.

Diegene wat in Suid-Afrika was toe die inperking in Maart begin het en wat nog nie kon vertrek nie, is nou al vyf maande in die land. “Hierdie scenario kan ‘n persoon se Suid-Afrikaanse belastingpligtigheid dramaties verander,” sê Kraamwinkel. Daar is geen aanduiding dat die reëls ten opsigte van die fisieseteenwoordigheidstoets versag sal word om voorsiening te maak vir die COVID-19-inperking nie. As belastinginwoners die toets druip, is hul volle inkomste onderhewig aan belasting in Suid-Afrika. Diegene wat onder die indruk was dat ten minste die eerste R1,25 miljoen belastingvry sou wees, het nou ‘n baie groter belastingpligtigheid. Dit kan hulle selfs in ‘n hoër belastingkategorie plaas.

Die reëls rakende buitelandse inkomste is baie rigied. Die konsepwysigingswetsontwerp op belastingwette is reeds gepubliseer en die tyd vir kommentaar het al verstryk. Die wetsontwerp bevat geen voorgestelde wysigings aan die reëls nie. “Daar is helaas geen ruimte vir interpretasie nie – jy was óf in die buiteland óf nie,” sê Kraamwinkel.

As die belastingowerheid in die gasheerland belasting op dieselfde inkomste afgetrek het, kan die Suid-Afrikaanse belastingbetaler dubbele belasting vermy deur krediet te eis vir die reeds betaalde belasting. Dit sal die Suid-Afrikaanse belastingpligtigheid verminder.

“Dit is onwaarskynlik dat die regering belastingtoegewings sal maak. Jy sal die belasting moet betaal, maar jy kan hoop op redelikheid en reël om dit af te betaal.” Die realiteit is dat COVID-19-verwante hulp in Suid-Afrika meestal uitstel van belastingbetaling behels en nie belastingvermindering nie.

Dit is belangrik om met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in verbinding te tree en nie te wag of nie die belasting te betaal nie, sê Kraamwinkel; dit kan lei tot boetes en rente.

Die regering het belastinginkomste dringend nodig nadat hulle miljarde geleen en bestee het aan die finansiering van verskeie COVID-19-verligtingsmaatreëls. “Die nuus oor grootskaalse korrupsie wat verband hou met COVID-19-uitgawes maak die betaling van meer belasting in sulke omstandighede ‘n nog bitterder pil.” Tye is moeilik en almal kry swaar. Baie min burgers sal egter geduld hê met die feit dat hulle meer belasting gaan betaal, oënskynlik om grootskaalse korrupsie te finansier.

“Die gevoel is regtig negatief. Hopelik sal Pres. Cyril Ramaphosa se beloofde vervolging van diegene wat by korrupsie betrokke is belastingbetalers effens beter laat voel,” sê Kraamwinkel.

Meer oor die outeur

Amanda Visser

Amanda Visser werk sedert 1986 as ’n joernalis vir radio en televisie, asook gedrukte en aanlyn media. Sedert 2003 lê sy haar op finansiële joernalistiek toe en was nog nooit spyt nie. Sy spesialiseer in belasting en het al oor handelsreg, mededingingsreg en regulatoriese kwessies geskryf.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest