Leesvordering:

‘Talentwerf’ skep werksgeleenthede vir vryskutters

Feb 15, 2018

Solidariteit Helpende Hand het die nood raakgesien van vele bekwamemense wat geen opsie gegun word om te werk nie, al wil hulle.

Terwyl die Suid-Afrikaanse werkloosheidsyfer daagliks styg, loop klein dorpe leeg en groot maatskappye skaal hul besighede of takke af om met minder mense oor die weg te kom.

Volgens René du Preez, projekorganiseerder by Helpende Hand se Loopbaansentrum, is die Talentwerf-webblad van stapel gestuur in ʼn poging om ʼn platform te skep om vryskutters die geleentheid te gee om met werkgewers te skakel, ongeag die afstand of omstandighede.

“Dit skep onder andere vir die tuisbly-ma, gestremde volwassene en dié wat ver van werksplekke op die platteland woon ʼn nuwe inkomstestroom deur middel van tegnologie,” het Du Preez gesê.

“Die webblad gaan ook poog om met buitelandse entrepreneurs en maatskappye te skakel om die groeiende voorwaardelike werkersmark verder aan te wakker. Wêreldwye navorsing toon dat 40% werkers nou vryskutwerk doen. Daar is ook menige internasionale webblaaie of platforms waarop vryskutters kan werk, waar miljoene vryskutters reeds werk.”

Volgens Du Preez is die groot voordeel van Talentwerf dat gratis bemarking gedoen word vir die vryskutters wat besigheid in hul eie taal wil doen. Vryskutters se mark verbreed ook deur die gratis bemarking wat Talentwerf bied, en dit kan lei tot meer besigheid vir die vryskutters wat op Talentwerf geregistreer is.

“Kundiges uit beroepsrigtings wat op ʼn vryskutgrondslag werk, is onder andere gra􀃗ese ontwerpers, skrywers, vertalers, SEO-skrywers, webblad-ontwerpers en toep-ontwikkelaars. Daar is tans ʼn vraag na tolke, vertalers en taalversorgers vir hofstukke wat Talentwerf hoop om te bevredig. Boonop is die sisteem so opgestel dat kliënte jou diens kan evalueer sodat ander kliënte kan sien dat jy gehaltewerk lewer.”

Du Preez het benadruk dat die webwerf se betaalsisteem die vryskutter asook die werkgewer beskerm en dat dit dieselfde sisteem is wat deur baie plaaslike verkoopwebblaaie gebruik word. “Die sisteem neem 10% vir bankkoste en administrasiekoste. Die diens wat die webblad lewer, is dat besighede bewus gemaak en netwerke gebou word wat dan verseker dat vryskutters werk en dus volhoubare inkomste kan kry.”

Hier is die perfekte geleentheid vir ʼn entrepreneur om nuwe geleenthede aan te gryp. ʼn Eenmansaak wat byvoorbeeld tuindienste bied, kan ʼn boekhouer op ʼn voorwaardelike kontrak aanstel en hul jaarlikse belastingopgawe laat opstel. Dit spaar die entrepreneur tyd, geld en kopsere.

Vryskutters kan registreer op http://www.talentwerf.co.za/. Vir navrae stuur ʼn epos na diens@talentwerf.co.za.

  • Hierdie artikel het oorspronklik op Maroela Media se webtuiste verskyn.
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest