Leesvordering:

Tekenkompetisie en kinderverhaal deur JK Rowling, gratis aanlyn in Afrikaans

Sep 2, 2020

Vanaf 1 September is ’n Afrikaanse vertaling van die gratis aanlyn vervolgverhaal, Die Ickabog deur JK Rowling, beskikbaar. Die webruimte is www.ickabogkompetisie.co.za.

JK Rowling het Die Ickabog meer as tien jaar gelede geskryf as ’n slaaptydstorie vir haar jonger kinders en het besluit om hierdie gesinsgunsteling te deel om kinders, ouers en versorgers te vermaak tydens die bykans wêreldwye inperking weens die koronavirus.

Die eerste drie Engelstalige hoofstukke is reeds Dinsdag 26 Mei op die amptelike webwerf (www.theickabog.com) geplaas, daarna het nuwe stukke elke weeksdag tot en met 10 Julie verskyn. Die Ickabog, wat geskryf is om hardop voorgelees te word, is ’n sprokie wat afspeel in ’n denkbeeldige land. Dit is ’n nuwe verhaal en hou geen verband met die skrywer se ander werk nie. Die teikengehoor is kinders tussen 7 en 12, maar die hele gesin sal die storie geniet.

Die Afrikaanse verhaal word ook gratis aanlyn gepubliseer. Dit sal in November in boekvorm verskyn by LAPA Uitgewers. Rowling sal al haar tantieme skenk aan projekte om groepe te help ​​wat benadeel word deur die COVID-19-pandemie – beide in die Verenigde Koninkryk en internasionaal.

Kinders word genooi om hulle kunswerk voor te lê aan LAPA – die beste tekeninge sal in die gedrukte boek opgeneem word.

Besoek www.ickabogkompetisie.co.za.

Soos die verhaal ontvou, word ouers en voogde aangemoedig om hul kinders se kunswerke te deel. Dit is ’n amptelike illustrasiekompetisie wat deur LAPA Uitgewers aangebied word. Die beste werke staan ’n kans om ’n plek in die gepubliseerde boek te kry. JK Rowling sal nie deel uitmaak van die beoordelingsproses nie.

Deur die hutsmerke #TheIckabog en #DieIckabog te gebruik, word kinders (of hul ouers/voogde vir kinders jonger as 13) aangemoedig om hul ongelooflike skilderye en tekeninge op sosialemediaplatforms ten toon te stel.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest