Leesvordering:

Terugflits: Ondernemings in die Kollig 2020 (Deel 1)

Jan 7, 2021

Om in ‘n nuwe land aan te pas is ‘n uitdaging. Alles is anders en om uit te vind waar jy Suid-Afrikaanse produkte kan kry raak amper ‘n soort avontuur, Wêreldwyd is hier om te help. Wêreldwyd se Wêreldgids is eie in sy soort, hier kom Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaar om ‘n gemeenskap van Suid-Afrikaners te skep. Kom kyk waar jy in Afrikaans kerkdienste kan kry, waar jy jou gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye kan koop en met wie jy in Afrikaans kan praat oor jou finansiële, mediese en regskwessies. Dan is die Kaap sommer weer Hollands, soos hierdie ondernemings in die kollig.

1. Cape Dutch Braai and Bar

Cape Dutch Braai and Bar opened its doors in fall 2015 from restaurateur Justin Anthony and hospitality group True Story Brands, deriving an unforgettable menu and interior design from the influence of South African wine country. Lees meer.

2. The Newt in Somerset

The Newt is die kreatiewe eindproduk van Babylonstoren-stigters en dromers Koos Bekker en Karen Roos. Enige persoon wat al besoek by Babylonstoren in die Wes-Kaap afgelê het, sal dadelik Roos se kenmerkende dekorstyl opmerk in die prag van The Newt, net met ’n Somerset-kinkel. Lees meer.

3. Biltong & Bangers

Biltong & Bangers is ‘n UK-gebaseerde, familiebesigheid wat sedert 2008 bestaan. Dié familie is daaraan toegewy om goeie kwaliteit produkte en uitstaande kliëntediens aan hul kliënte te verskaf. Lees meer.

4. The Whelan

The Whelan is ’n restaurant in Atlanta waar Amerikaanse gunstelinge ’n Suid-Afrikaanse kinkel kry. Tafelberg pryk op die logo, en Suid-Afrikaners en Amerikaners voel almal welkom hier. Lees meer.

5. To South Africa with love

Die proses is maklik. Al wat jy hoef te doen is om Bianca se webtuiste te besoek, die geskenke te kies wat jy wil stuur, tik die adres in Gauteng in, betaal en siedaar! Lees meer.

6. Listen & Learn

Listen & Learn bied ‘n verskeidenheid opsies aan wat by enige een se skedule sal inpas. Besluit of jy Afrikaans vir besigheidsgebruik of vir algemene gebruik wil leer. Wil jy jou Afrikaanse vaardighede opknap of begin jy by die begin? Daar is iets vir almal. Lees meer.

7. Mango Branding

Om ‘n handelsmerk te bou en te vestig is nie kinderspeletjies nie maar Mango Branding maak dit maklik! Mango Branding is die antwoord op al jou vrae oor promosiemateriaal, korporatiewe geskenke en klerasie wat met jou handelsmerk gekenmerk word. Lees meer.

8. Celebration Box

Celebration Box het begin toe twee goeie vriende bymekaar gekom het om alternatiewe vir vervelige geskenke te kry – lees hier, sokkies, sakdoeke en badgoed – in Nieu-Seeland. En natuurlik wou hulle terselfde tyd soveel as moontlik donuts eet! Lees meer.

Suid-Afrikaanse ondernemings lê ons na aan die hart. Lys nog vandag jou onderneming op Wêreldwyd se Wêreldgids, en maak gebruik van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lys jou onderneming hier

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest