Leesvordering:

Terugkeer na Suid-Afrika met jou buitelandse eggenoot

Feb 25, 2016

Talle Suid-Afrikaanse burgers reis oorsee met die doel om internasionale werkservaring op te doen of om eenvoudig in ‘n ander land te woon. Die konsultante by Breytenbachs Immigrasie het al vele male gesien dat baie van hierdie Suid-Afrikaners in ‘n latere stadium na hulle geboorteland wil terugkeer. In sommige gevalle het hulle egter met ‘n nie-Suid-Afrikaanse burger getrou en wil hê dat hul buitelandse eggenoot saam met hulle na Suid-Afrika terugkeer.

Dit is egter belangrik om die feite in elke saak individueel te bestudeer voordat advies verskaf word, maar hieronder is ‘n paar algemene riglyne vir hierdie tipe gevalle. Ons hoop dat hierdie riglyne meer duidelikheid sal bring, sodat aansoekers sal weet wat om te verwag. Ons versoek egter dat mense advies sal aanvra van die Breytenbachs SA Immigrasiedepartement met betrekking tot hul eie unieke omstandighede.

Suid-Afrikaanse eggenoot tydelike verblyfvisa

Die eggenoot van ‘n Suid-Afrikaanse burger of Suid-Afrikaanse permanente verblyfhouer kan kwalifiseer vir ‘n eggenoot tydelike verblyfvisa, wat hom/haar sal toelaat om saam met hulle eggenote in Suid-Afrika te kan bly. Die aanvanklike visa moet in die aansoeker se eie land van oorsprong of verblyf gedoen word, voordat hulle na Suid-Afrika vertrek. Die aansoek word deur die Suid-Afrikaanse Hoëkommissaris, Suid-Afrikaanse Ambassade of VFD in die land van woning behartig.

Gewoonlik word die aanvanklike visa vir 24 maande toegeken, maar kan verleng word onderwyl die aansoeker in Suid-Afrika woon. Dit is egter baie belangrik om kennis te neem dat die visa nie aan die visahouer die reg tot indiensneming gee nie.

Suid-Afrikaanse werkgoedkeuring

Dit is egter moontlik om plaaslik in Suid-Afrika aansoek te doen vir werkgoedkeuring sodra ʼn werksaanbod vanaf ‘n Suid-Afrikaans gebaseerde besigheid ontvang word, of indien die aansoeker sy/haar besigheid in Suid-Afrika as selfwerksaam geregistreer het.

Alternatiewelik kan die werkgoedkeuring saam met die aanvanklike visa aansoek goedgekeur word, indien die buitelandse burger reeds ‘n werksaanbieding het ten tye van sy/haar aansoek vir die aanvanklike visa. Die normale finaliseringstydperk van ‘n visa wat oorsee ingedien is, is min of meer 30 werksdae vanaf die indieningsdatum.

Lewensmaats van Suid-Afrikaanse burgers

Die lewensmaat van ‘n Suid-Afrikaans burger of permanente verblyfhouer kan ook aansoek doen vir ‘n tydelike verblyfvisa wat dieselfde geldigheidsperiode het as dié van ‘n eggenootvisa. Die goedkeuring van só ‘n visa is onderworpe aan bewys van samewoning en gedeelde finansiële verantwoordelikhede van ten minste twee jaar.

Permanente Suid-Afrikaanse burgerskap

‘n Aansoek om permanente Suid-Afrikaanse burgerskap kan ingedien word sodra die buitelandse burger vir ten minste vyf of meer jare met ʼn Suid-Afrikaanse burger getroud is of saam met ‘n permanente verblyfhouer as lewensmaat woon.

Hierdie aansoek kan plaaslik in Suid-Afrika of oorsee ingedien word en neem gewoonlik tussen 12 en 24 maande om gefinaliseer te word. Terwyl hierdie aansoek hangend is, moet die buitelandse burger, indien só ‘n persoon in Suid-Afrika woon, altyd verseker dat sy/hy ‘n geldige Suid-Afrikaanse visa in sy/haar paspoort geëndosseer het.

Suid-Afrikaanse burgerskap

Sodra die buitelandse burger permanente verblyfstatus vir ten minste twee jaar het en ‘n tweejaar-huwelik aan ‘n Suid-Afrikaanse eggenoot onmiddellik vóór die aansoek, maar nadat permanente verblyfstatus toegeken is, kan die aansoek vir Suid-Afrikaanse burgerskap ingedien word.

Neem asseblief kennis dat die riglyne hierbo slegs dít is. Ons moedig kliënte aan om in aanraking te kom met ons Suid-Afrikaanse Immigrasiedepartement. Hier sal jy die advies kry wat jy nodig het met betrekking tot jou eie unieke omstandighede en jy sal hulp ontvang om die vele slaggate en papierwerk van die aansoekprosedure te vermy. Kontak ons gerus by info@bic-immigration.com of besoek ons by http://www.bic-immigration.com/.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest