Leesvordering:

Terugkerende Suid-Afrikaners – Hoe gemaak met burgerskap?

Jan 26, 2017

Ek het onlangs ’n artikel geskryf vir Wêreldwyd Kollig oor die situasie rondom Suid-Afrikaanse burgers wat die land ’n paar jaar vantevore verlaat het en burgerskap van ’n ander land opgeneem het sonder om eers aansoek te doen om hul Suid-Afrikaanse burgerskap te behou, net om dan uit te vind dat hulle hul Suid-Afrikaanse burgerskap outomaties verloor het.

In werklikheid keer vele Suid-Afrikaners na ons land terug nadat hulle burgerskap van ’n ander land opgeneem het, soms op ’n wyse wat hulle van hul Suid-Afrikaanse burgerskap ontneem het.

Dit raak dan ’n ingewikkelde vraag oor wat mens administratief te doen staan as jy terugkeer.

Die maklikste antwoord kan gegee word deur eers vas te stel by watter land en wanneer burgerskap opgeneem is. Indien dié land nie ’n visumvrygestelde land in terme van Suid-Afrika is nie, sal die persoon tegnies gesproke ’n visum benodig om na Suid-Afrika terug te keer. As hy/sy egter van ’n visumvrygestelde land terugkeer, sal hy/sy Suid-Afrika met ’n besoekersvisum kan binnegaan sonder om fisies daarvoor aansoek te doen.

Dit los egter geen administratiewe probleme op wat mag opduik nie.

Suid-Afrikaners se besonderhede word op die bewegingsbeheerstelsel van die departement van binnelandse sake ingesleutel, wat gekoppel is aan binnelandse sake se nasionale identifiseringstelsel, waar die volle name en identiteitsnommers in alle waarskynlikheid die persoon as ’n Suid-Afrikaanse burger sal identifiseer.

Indien hulle hipoteties gesproke steeds Suid-Afrikaanse burgers is, sal daar van hulle verwag word om Suid-Afrika met hul Suid-Afrikaanse paspoort te verlaat of binne te kom. Wanneer hulle onwetend hul status as Suid-Afrikaanse burger verloor het, sal hulle dit egter nie sonder moeite kan doen nie, omdat hulle nie in staat sou wees om nuwe Suid-Afrikaanse paspoorte te kon kry of die bestaandes te kon hernu nie.

’n Paspoortaansoekvorm wat by ’n ambassade of hoëkommissariaat oorsee ingedien word, vereis van die aansoeker om te antwoord of hy/sy burgerskap van ’n ander land opgeneem het of nie, en indien wel, wanneer. Indien dit gedoen is sonder om eers aansoek te doen om hul Suid-Afrikaanse burgerskapstatus te behou, word hulle sondermeer ingelig dat hulle hul Suid-Afrikaanse burgerskapstatus verbeur het.

Die enigste oplossing is om vir die bepaling van hul status aansoek te doen. Dit is ’n formele aansoekproses wat hul status vasstel. Indien hulle wel hul Suid-Afrikaanse burgerskap verloor het maar in Suid-Afrika gebore is, behou hulle die reg tot permanente residensie. Dit sal mense toelaat om die land sonder veel moeite met hul buitelandse paspoort te kan binnekom, mits hulle die bepaling van die status by hulle het.

Dit is ’n baie ingewikkelde regsgebied. Indien jy enige vrae het, jou status wil laat uitklaar of vir die bepaling van jou status wil aansoek doen, stel ons voor dat jy jou navraag na enquiries@immigration.org.za stuur of die immigrasievraelys by www.immigration.org.za voltooi.

Julian Pokroy

Meer oor die outeur

Julian Pokroy

Julian Pokroy Prokureurs: Spesialis in wetgewing oor immigrasie, burgerskap en vlugtelingskap.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest