Leesvordering:

Texas Potjie 2016 – Susan Smit

Okt 14, 2016

Elke Werkersdag (Labor Day), die eerste naweek in September, is daar ʼn groot geskarrel … ons maak reg vir Texas Potjie! Dié jaar het ons ons 16de herdenking gevier.

Dit het klein begin in die huis van oom Fred en tannie Yvonne Reinhardt – wanneer jy alleen in Amerika is, soek jy jou mense. Dit het te groot geword en daar is besluit om ʼn hele vierdagnaweek daarvan te maak.

Texas Potjie word deur komiteelede gereël en vanjaar het die komitee uit nege mense bestaan. Die beplanning begin ʼn jaar vooruit. Vanjaar het ons 600 mense getrek. Die meeste kom uit Texas, maar ons kry ook mense uit state van so ver as Florida!

Vroeg in die week begin mense van heinde en verre kom. Met karavane, tente of om in ʼn hut te bly. Ons kuier en ons kamp en ons eet alles wat ons mis. Dié naweek is daar geen tekort aan biltong, droëwors, koeksisters, melktert, vetkoek, pannekoek, fudge of Suid-Afrikaanse wyn en bier nie, om maar ʼn paar te noem.

Vanjaar het ons kampe gesien soos Kalahari Kraal, Span Tafelberg en Team Zebra. Hoogtepunte is altyd die boeremark, sokkie, Afrikaanse kerkdiens en potjiekos en dié jaar het ons vir die eerste keer ʼn konsert gehad met Clint & Co. Marelize Dingman van Dalliance en The Sentinel-Record het Clint en Ghapi vir ons uit Suid-Afrika gebring. Clint en Ghapi het ʼn onderhoud met Pieter Koen van Jukebox gehad, regstreeks vanaf Texas Potjie. Mense het gedans dat die stof so staan.

Ons kry borge om alles moontlik te maak. Ons groot borge hierdie jaar was cashcows.com, Philip en Celeste van Staden, MK Consulting (musiek) en Versfeld & Hugo Attorneys. Baie dankie aan AfriForum wat twee groot geskenkmandjies met lekkernye soos koeksisters, wyn, biltong en droëwors geskenk het. Die wenners is gekies deur lootjies te trek.

Ons maak beslis weer so volgende jaar!

Vir meer inligting, besoek ons Facebook-blad (Texas Potjie) of ons webtuiste by www.texaspotjie.com.

Susan Smit
Houston, Texas

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest