Leesvordering:

Tien blitsfeite oor die meesterlike Pierneef

Mei 22, 2019

Wanneer jy mense uitvra oor Suid-Afrika se mees prominente kunstenaars, sal die naam J.H. Pierneef, oftewel Pierneef, waarskynlik in die geselskap opduik. Hendrik Pierneef, soms ook Jacob, Pier of Henk genoem, word wêreldwyd as die eerste groot Suid-Afrikaanse skilder beskou.

Dié kunstenaar is veral bekend vir die unieke styl waarmee hy die Suid-Afrikaanse landskap geskilder het. Hierdie styl, wat as ’n modernistiese en geometriese styl beskou word, het die Suid-Afrikaanse kunswêreld van die twintigste eeu getransformeer. Hoewel sy skilderye aanvanklik nie goed ontvang is nie, word dit vandag as van Suid-Afrika se mees gesogte kunswerke beskou.

Hier is tien blitsfeite oor dié meesterlike kunstenaar:

  1. Sy volle name is Jacobus Hendrik Pierneef.
  2. Hy is op 13 Augustus 1886 in Pretoria gebore en sterf op 4 Oktober 1957.
  3. Die meeste van die landskappe wat Pierneef geskilder het, beeld die Suid-Afrikaanse Hoëveld uit.
  4. Pierneef het in 1902 sy eerste openbare uitstalling in samewerking met Hugo Naudé en sy peetpa, Anton van Wouw, gehou. Hy het eers in 1913 sy eerste solo-uitstalling gehou.
  5. Pierneef het uiteenlopende beroepe gevolg totdat hy uiteindelik besluit het om ’n voltydse kunstenaar te word. As kunsstudent het hy in ’n tabakwinkel gewerk. Vanaf 1912 het hy by die Staatsbiblioteek gewerk voordat hy in 1918 as ’n kunsdosent aangestel is. Teen 1923 het hy egter voltyds as ’n kunstenaar begin werk.
  6. Pierneef het in 1910 sy eerste skildery verkoop – dit was ’n olieverfwerk.
  7. Pierneef is in 1929 opdrag gegee om 32 panele vir die Johannesburg-stasie te skilder. Hy het hierdie projek in 1932 afgehandel.
  8. Pierneef het in 1933 en 1934 sewe muurpanele vir die Suid-Afrikahuis in Londen geskilder.
  9. Pierneef word vandag nog as een van die grootste Suid-Afrikaanse meesters beskou.
  10. Pierneef se skildery Farm Jonkershoek with twin peaks beyond, Stellenbosch is in Junie 2017 vir nagenoeg R20,5 miljoen by ’n kunsveiling verkoop. Dit was in daardie stadium die tweede hoogste bedrag wat ’n Suid-Afrikaanse skildery op ’n veiling behaal het. (Irma Stern se Arab Priest is op ’n 2018-ranglys as die duurste Suid-Afrikaanse skildery gelys. Dit is in 2015 in Londen vir net meer as R52,3 miljoen verkoop.)

 

Lees ook: Kraal Uitgewers: Waar “broodnodige” geskiedenis lééf

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest