Tiktaklys: Nieu-Seelandse reis

13/02/2020
| Deur AfriForum
Tiktak-Nieu-Seelandnuusbrief-AFR-

Soos jy teen dié tyd weet (want ons praat heeltyd daaroor!) het ons Nieu-Seeland onlangs deurkruis, en het ons met baie herinneringe (en min geld) en behoorlik bekoor teruggekom.

Dis die land van Kiwi-voëltjies, Kea (die Suideiland se bergpapegaaie), Pukeko, pluime, veldblommetjies en -vruggies, gloeiwurmgrotte, reusekauribome, hobbits, berge en wyduitgestrekte heuwels, kronkelende hoofweë, woude, vrolike posbussies, Manuka-heuning, silwer varings, kokende, stomende kraters, fjords, Maori-kultuur, vulkane wat ’n mens saam met wolboudskape uitklim, The Green Parrot, epiese The Lord of the Rings/The Hobbit-natuurprag. Die land waar Afrikaners wegkom met kroegname soos Bok Bef@k, waar die spoedgrens om draaie op die hoofweë 65 km/h is, waar jy soek vir asblikke, waar jy ’n dorpie genaamd Bulls sal vind. Nieu-Seeland, die land met Anzac-koekies, pineapple lumps, pasteie en pavlova, sjokolademalvalekkervissies, gemmerbruintjies, Watties en Whittaker’s.

Tiktaklys: Nieu-Seeland

Hier is wat ons geleer het en wat jy gerus in gedagte kan hou wanneer jy na Nieu-Seeland reis:

  1. Jou stapstewels is die enigste skoene wat jy hoef te pak. En dalk een paar visplakkies, maar niks meer nie. Jy mors net plek in jou tas.
  2. Pak insekweerder. Nie vir hulle muskiete nie, maar vir namu (sandvlieë in Maori) wat jou naby water op staproetes aanval.
  3. Pak sonroom. Daardie son is lekker warm.
  4. Pak ook sommer een van daai goedkoop reënjasse, want soms kan die eilandmotreëntjie jou onkant vang.
  5. Vat baie geld, want sterlingsilwer juwele is goedkoper as in Suid-Afrika.
  6. Manne, hou julle kameras byderhand! Dis baie prettig om vroulief die motor se vensters te sien was by ’n vulstasie.
  7. Neem jou Fitbit/slimhorlosie saam. Jy bereik maklik jou dag se 10 000 treë-doelwit binne drie uur.
  8. Druk maar jou koelboks plat en pak hom in, want literbottels koeldrank is goedkoop en klein botteltjies en blikkies peperduur. Nes jogurt.
  9. Voordat jy ten duurste betaal vir toeristeaktiwiteite, kyk eers of jy nie dieselfde ding gratis te voet kan aanpak nie.
  10. Wegneemetes kos dubbel soveel as in Suid-Afrika. Chow Faan of Chow Mein kos gemiddeld R160 en McDonalds of Burger King sowat R120 vir ’n maaltyd. Ons het byna elke dag Watties – hulle McCain’s – geëet. ’n Voorafbereide ete wat gou in ’n mikrogolf opgewarm kan word, kos omtrent R70. Wat wel goedkoper is as by ons, is Domino’s Pizza. Dit kos gemiddeld R50 per pizza.
  11. As jy gaan kamp, is ’n tentjie, opblaasmatras, muskietnet (vir die sandvlieë) en kosmaaktoerusting nodig. Ons was op die Noord- én Suideiland, en jy het ’n behoorlike slaapsak en kombers nodig vir die koeler nagte. Baie kampterreine is gratis en geleë op plekke met die mooiste natuur, maar daar is net basiese geriewe. Die beste manier om Nieu-Seeland te beleef, is met ’n huis op wiele oftewel ʼn RV/camper van.
  12. As jy kar- of seesiek raak, pak liefs vir jou Valoid in. Dit kan dalk nuttig te pas kom.
  13. Pak ’n paar driehoekig gevoude inkopiesakke in. Nieu-Seeland is die land waar jy die verste soek vir ’n asblik vir jou karvullis.
  14. Ry versigtig en geduldig. Die paaie kronkel en ’n mens ry langer as wat ons gewoond is. Hoewel die spoedgrens 100 km/h is, vat die motoriste gevaarlike kanse by blinde hoogtes en ons het ’n paar padongelukke gesien.
  15. Gooi eerder brandstof by ’n vulstasie in waar jy binne moet gaan betaal, want as iets foutgaan met jou betaling by ’n jy-alleen-selfdiensvulstasie, kan niemand jou help nie.
  16. Koop vir jou ’n simkaart op die lughawe. Hulle data is goedkoop, en dan kan jy sommer elke dag met jou geliefdes in Suid-Afrika gesels én met gemoedsrus met jou Google Maps rondrits.
  17. Groet die mense wat in die winkels werk vanuit die staanspoor, want anders groet hulle jou wanneer jy verbystap en dan voel jy sleg dat jy nie eerste gegroet het nie.
  18. Ontspan en bêre jou paraatheid vir die huis. Daar is nie misdaad nie. Jy hoef nie vir geluide in die nag te skrik of jou voertuig te sluit nie. Niemand wil jou goed hê nie. Geniet die stukkie hemel.

AIRBNB

Ons het – buiten vir vier aande by familie en vriende – elke aand in ’n Airbnb gebly. Ons het drie aande bloutjies geloop, en dis nie lekker nie, want dan stort en slaap jy so gril-gril.

Hier is raad oor Airbnbs:

* Kies een met ’n ouer vrou as gasvrou.

* Gaan vir die pryskerf tussen R1 000 en R1 500 per nag. Dan behoort jy van die plek te hou, dit behoort baie mooi, netjies en skoon te wees. As dit nié is nie, mag jy kla.

* Jy word ná elke aand by ’n Airbnb gevra om jou ondervinding te beoordeel. Wees eerlik. As die plek teleurstellend was óf bloot vuil, moenie bang wees om dit te kritiseer nie. Airbnb kry hierdie mense voor stok as hulle aan jou ’n kat in die sak verkoop.

* As jy onafhanklik wil vertoef, kies die “Huis”-opsie wanneer jy verblyf soek. Dit gee privaatheid ook. Anders slaap jy in mense se huis en het letterlik net een slaapkamer met ’n bed vir jouself.

Deel op

"*" indicates required fields

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
  • United States+1
  • United Kingdom+44
  • Afghanistan (‫افغانستان‬‎)+93
  • Albania (Shqipëri)+355
  • Algeria (‫الجزائر‬‎)+213
  • American Samoa+1
  • Andorra+376
  • Angola+244
  • Anguilla+1
  • Antigua and Barbuda+1
  • Argentina+54
  • Armenia (Հայաստան)+374
  • Aruba+297
  • Australia+61
  • Austria (Österreich)+43
  • Azerbaijan (Azərbaycan)+994
  • Bahamas+1
  • Bahrain (‫البحرين‬‎)+973
  • Bangladesh (বাংলাদেশ)+880
  • Barbados+1
  • Belarus (Беларусь)+375
  • Belgium (België)+32
  • Belize+501
  • Benin (Bénin)+229
  • Bermuda+1
  • Bhutan (འབྲུག)+975
  • Bolivia+591
  • Bosnia and Herzegovina (Босна и Херцеговина)+387
  • Botswana+267
  • Brazil (Brasil)+55
  • British Indian Ocean Territory+246
  • British Virgin Islands+1
  • Brunei+673
  • Bulgaria (България)+359
  • Burkina Faso+226
  • Burundi (Uburundi)+257
  • Cambodia (កម្ពុជា)+855
  • Cameroon (Cameroun)+237
  • Canada+1
  • Cape Verde (Kabu Verdi)+238
  • Caribbean Netherlands+599
  • Cayman Islands+1
  • Central African Republic (République centrafricaine)+236
  • Chad (Tchad)+235
  • Chile+56
  • China (中国)+86
  • Christmas Island+61
  • Cocos (Keeling) Islands+61
  • Colombia+57
  • Comoros (‫جزر القمر‬‎)+269
  • Congo (DRC) (Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo)+243
  • Congo (Republic) (Congo-Brazzaville)+242
  • Cook Islands+682
  • Costa Rica+506
  • Côte d’Ivoire+225
  • Croatia (Hrvatska)+385
  • Cuba+53
  • Curaçao+599
  • Cyprus (Κύπρος)+357
  • Czech Republic (Česká republika)+420
  • Denmark (Danmark)+45
  • Djibouti+253
  • Dominica+1
  • Dominican Republic (República Dominicana)+1
  • Ecuador+593
  • Egypt (‫مصر‬‎)+20
  • El Salvador+503
  • Equatorial Guinea (Guinea Ecuatorial)+240
  • Eritrea+291
  • Estonia (Eesti)+372
  • Ethiopia+251
  • Falkland Islands (Islas Malvinas)+500
  • Faroe Islands (Føroyar)+298
  • Fiji+679
  • Finland (Suomi)+358
  • France+33
  • French Guiana (Guyane française)+594
  • French Polynesia (Polynésie française)+689
  • Gabon+241
  • Gambia+220
  • Georgia (საქართველო)+995
  • Germany (Deutschland)+49
  • Ghana (Gaana)+233
  • Gibraltar+350
  • Greece (Ελλάδα)+30
  • Greenland (Kalaallit Nunaat)+299
  • Grenada+1
  • Guadeloupe+590
  • Guam+1
  • Guatemala+502
  • Guernsey+44
  • Guinea (Guinée)+224
  • Guinea-Bissau (Guiné Bissau)+245
  • Guyana+592
  • Haiti+509
  • Honduras+504
  • Hong Kong (香港)+852
  • Hungary (Magyarország)+36
  • Iceland (Ísland)+354
  • India (भारत)+91
  • Indonesia+62
  • Iran (‫ایران‬‎)+98
  • Iraq (‫العراق‬‎)+964
  • Ireland+353
  • Isle of Man+44
  • Israel (‫ישראל‬‎)+972
  • Italy (Italia)+39
  • Jamaica+1
  • Japan (日本)+81
  • Jersey+44
  • Jordan (‫الأردن‬‎)+962
  • Kazakhstan (Казахстан)+7
  • Kenya+254
  • Kiribati+686
  • Kosovo+383
  • Kuwait (‫الكويت‬‎)+965
  • Kyrgyzstan (Кыргызстан)+996
  • Laos (ລາວ)+856
  • Latvia (Latvija)+371
  • Lebanon (‫لبنان‬‎)+961
  • Lesotho+266
  • Liberia+231
  • Libya (‫ليبيا‬‎)+218
  • Liechtenstein+423
  • Lithuania (Lietuva)+370
  • Luxembourg+352
  • Macau (澳門)+853
  • Macedonia (FYROM) (Македонија)+389
  • Madagascar (Madagasikara)+261
  • Malawi+265
  • Malaysia+60
  • Maldives+960
  • Mali+223
  • Malta+356
  • Marshall Islands+692
  • Martinique+596
  • Mauritania (‫موريتانيا‬‎)+222
  • Mauritius (Moris)+230
  • Mayotte+262
  • Mexico (México)+52
  • Micronesia+691
  • Moldova (Republica Moldova)+373
  • Monaco+377
  • Mongolia (Монгол)+976
  • Montenegro (Crna Gora)+382
  • Montserrat+1
  • Morocco (‫المغرب‬‎)+212
  • Mozambique (Moçambique)+258
  • Myanmar (Burma) (မြန်မာ)+95
  • Namibia (Namibië)+264
  • Nauru+674
  • Nepal (नेपाल)+977
  • Netherlands (Nederland)+31
  • New Caledonia (Nouvelle-Calédonie)+687
  • New Zealand+64
  • Nicaragua+505
  • Niger (Nijar)+227
  • Nigeria+234
  • Niue+683
  • Norfolk Island+672
  • North Korea (조선 민주주의 인민 공화국)+850
  • Northern Mariana Islands+1
  • Norway (Norge)+47
  • Oman (‫عُمان‬‎)+968
  • Pakistan (‫پاکستان‬‎)+92
  • Palau+680
  • Palestine (‫فلسطين‬‎)+970
  • Panama (Panamá)+507
  • Papua New Guinea+675
  • Paraguay+595
  • Peru (Perú)+51
  • Philippines+63
  • Poland (Polska)+48
  • Portugal+351
  • Puerto Rico+1
  • Qatar (‫قطر‬‎)+974
  • Réunion (La Réunion)+262
  • Romania (România)+40
  • Russia (Россия)+7
  • Rwanda+250
  • Saint Barthélemy+590
  • Saint Helena+290
  • Saint Kitts and Nevis+1
  • Saint Lucia+1
  • Saint Martin (Saint-Martin (partie française))+590
  • Saint Pierre and Miquelon (Saint-Pierre-et-Miquelon)+508
  • Saint Vincent and the Grenadines+1
  • Samoa+685
  • San Marino+378
  • São Tomé and Príncipe (São Tomé e Príncipe)+239
  • Saudi Arabia (‫المملكة العربية السعودية‬‎)+966
  • Senegal (Sénégal)+221
  • Serbia (Србија)+381
  • Seychelles+248
  • Sierra Leone+232
  • Singapore+65
  • Sint Maarten+1
  • Slovakia (Slovensko)+421
  • Slovenia (Slovenija)+386
  • Solomon Islands+677
  • Somalia (Soomaaliya)+252
  • South Africa+27
  • South Korea (대한민국)+82
  • South Sudan (‫جنوب السودان‬‎)+211
  • Spain (España)+34
  • Sri Lanka (ශ්‍රී ලංකාව)+94
  • Sudan (‫السودان‬‎)+249
  • Suriname+597
  • Svalbard and Jan Mayen+47
  • Swaziland+268
  • Sweden (Sverige)+46
  • Switzerland (Schweiz)+41
  • Syria (‫سوريا‬‎)+963
  • Taiwan (台灣)+886
  • Tajikistan+992
  • Tanzania+255
  • Thailand (ไทย)+66
  • Timor-Leste+670
  • Togo+228
  • Tokelau+690
  • Tonga+676
  • Trinidad and Tobago+1
  • Tunisia (‫تونس‬‎)+216
  • Turkey (Türkiye)+90
  • Turkmenistan+993
  • Turks and Caicos Islands+1
  • Tuvalu+688
  • U.S. Virgin Islands+1
  • Uganda+256
  • Ukraine (Україна)+380
  • United Arab Emirates (‫الإمارات العربية المتحدة‬‎)+971
  • United Kingdom+44
  • United States+1
  • Uruguay+598
  • Uzbekistan (Oʻzbekiston)+998
  • Vanuatu+678
  • Vatican City (Città del Vaticano)+39
  • Venezuela+58
  • Vietnam (Việt Nam)+84
  • Wallis and Futuna (Wallis-et-Futuna)+681
  • Western Sahara (‫الصحراء الغربية‬‎)+212
  • Yemen (‫اليمن‬‎)+967
  • Zambia+260
  • Zimbabwe+263
  • Åland Islands+358
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels