Leesvordering:

Treurgrond – Nuwe film

Jul 28, 2017

Darrell Roodt se rolprent Treurgrond raak ’n omstrede onderwerp aan: Dit kyk na die kwessie van plaasmoorde in Suid-Afrika. Die uitgesproke akteur, musikant en aktivis Steve Hofmeyr speel Lukas, die sagmoedige boer wat sentraal tot die storie staan. Lukas probeer sy familie, sy plaas en die breër gemeenskap beskerm wanneer ’n vlaag plaasmoorde die gemeenskap tref. Buiten die plaasmoorde is daar ook ’n grondeis teen Lukas se grond ingedien. Lukas en sy vrou Nellie (gespeel deur die bekroonde aktrise Erica Wessels) probeer voortboer te midde van hierdie uitdagings. Ander karakters wat die fliek bevolk, is die jong speurder Helena Schoeman (Jana Strydom) en die polisiesersant Morena (Richard Lukunku), wat hard probeer om uit te werk wie verantwoordelik is vir die grusame moorde en poog om verdere geweld te keer. Kykers sal ook vir Daniel en Katie Lebona en hul seun Edwin ontmoet. Daniel (Boikie Pholo) is Lukas se getroue voorman op die plaas, maar dis sy seun Edwin (Graeme Kriega) wat die grondeis teen Lukas bring. Katie (Shaleen Surtie-Richards) is die onderwyseres by Lukas se plaasskooltjie, maar Nellie voel Katie misbruik Lukas se sagmoedigheid.

Roodt is ’n bekroonde regisseur wat bekend is vir flieks soos A place of weeping (1986) en Sarafina! (1992). Hier pak hy ’n ontstellende onderwerp aan en probeer om bewustheid te kweek van ’n krisis wat soveel Suid-Afrikaners raak. Die kinematografie is asemrowend en daar is oomblikke van rou emosie wat kykers gaan ontroer. Wees egter gewaarsku dat Treurgrond grafiese tonele bevat wat sommige kykers dalk mag ontstel.

As jy graag flieks soos Treurgrond wil kyk wat Suid-Afrikaanse kwessies aanspreek, teken in op ShowMax: Daar is ’n wye verskeidenheid Afrikaanse en Suid-Afrikaanse flieks vir elke smaak en jy kan dit kyk net waar en wanneer dit jou pas.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest