Leesvordering:

Trusts en beleggings

Jun 8, 2022

Deur Stefan Janse van Vuuren

’n Trust is lank reeds die gunsteling van elke gegoede Suid-Afrikaanse gesin – ’n teken dat jy betekenisvolle welvaart geskep het om vir jou nageslag te bewaar. Dié aansien het egter oor die afgelope paar dekades afgeneem om die volgende redes:

  • Daar het ’n verandering in gesinsdinamika plaasgevind.
  • Die beleggingsopsies wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, het toegeneem.
  • Wetsveranderings het die belastingvoordele van trusts verminder.

Weens die historiese gewildheid van trusts, het verskeie individue of gesinne trusts wat aansienlike kapitaalwins bevat, dus behels die enigste roete na alternatiewe beleggingsopsies die verwerwing van kapitaalwins.

Die kanaalbeginsel laat toe dat trusts inkomste en kapitaalwins na die begunstigdes deurvloei en in hul individuele hoedanigheid belas word. Met die eerste oogopslag blyk dit voldoende te wees om die belastingondoeltreffendheid van ’n trust te neutraliseer, aangesien individue ’n 40%-insluitingskoers teenoor die 80%-insluitingskoers van ’n trust het. Uiteindelik is die doel van ’n trust om welvaart vir toekomstige geslagte te bewaar deur dit teen kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting te beskerm. Die verspreiding van alle inkomste en winste aan begunstigdes blyk teenintuïtief te wees wanneer die doelwit van intergenerasionele rykdom in gedagte gehou word:

  • Familietrusts sal eerder kapitaal binne die trust se naam hou om langtermyngroei te bou, waar dit onder toesig van die trustees kan wees en nie in die hande van individuele begunstigdes nie.
  • Met inagneming van die profiele van individue met groot familietrusts, sal die uitkering van verdienste aan individuele begunstigdes waarskynlik hul marginale belastingkoerse opstoot.
  • Deur kapitaal uit die trust te verwyder en in die naam van individuele begunstigdes te plaas, word die kapitaal weer eens aan boedelbelasting blootgestel.

Oplossing: Delgingsfonds

’n Delgingsfonds is soortgelyk aan ’n uitkeerpolis, behalwe dat dit nie lewensversekerdes vereis nie. Dit beteken die belegging kan vir ewig voortduur sonder dat adviseurs en trustees nuwe lewensversekerdes hoef aan te stel.

Belasting word binne die delgingsfonds gehef, wat beteken dat verdienste nie in die naam van die trust belas word nie. Binne ’n delgingsfonds word inkomste teen ’n vaste koers van 30% belas en kapitaalwins teen ’n vaste koers van 12%.

Die voordelige belastingkoerse maak ’n groot verskil. Suid-Afrikaanse trusts word verbied om direkte buitelandse beleggings te maak. Hoewel dit nie regstreeks in ’n ander jurisdiksie in die buiteland val nie, maak ’n delgingsfonds voorsiening vir buitelandse toewysings binne die onderliggende beleggings.

Raadpleeg ’n ervare, gekwalifiseerde finansiële adviseur om beleggingstrategieë te struktureer wat geskik is vir die beleggers se spesifieke omstandighede en finansiële doelwitte.

Meer oor die outeur

Brenthurst Wealth

Welkom by Brenthurst Wealth (Pty) Ltd, ’n geregistreerde finansiëlediensteverskaffer (FSP No: 7833) en ’n volledige finansiële-en-beleggingsdienstemaatskappy met agt kantore in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad en een internasionale kantoor in Mauritius. Buiten beleggingsadvies en -administrasie, bied ons ook dienste soos aftreebeplanning, buitelandse beleggings, raad oor belasting, testamente en trusts, sowel as die afhandeling van boedels. Ons glo vas dat ’n mens se geldsake holisties en met ’n geïntegreerde benadering bestuur moet word.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest