Leesvordering:

Uit en Tuis – Die Beukes familie

Jul 6, 2016

Uit en Tuis is die rubriek waar ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar nou weer terug is in Suid-Afrika. Ons verneem graag van enigeen wat hulle belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Andre Beukes wat in Vlaardingen woon.

  • Hallo Andre! Vertel ons meer oor jou en waar jy woon.

Ek is in Springs gebore, het aan die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) geswot en baie lekker daarna in Pretoria gewerk en gebly. Ek was 15 jaar lank ‘n personeelbestuurder by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), wat werklik stimulerend en uitdagend was. My vrou, Inge, het as baba saam met haar ouers van Nederland na Suid-Afrika geëmigreer. Ons het besluit om na Nederland terug te immigreer, sodat Inge haar wortels kan soek en om ons kinders die geleentheid te gee om die Nederlandse kultuur te beleef. Anri was 6 en Cara 4. Ek wou ook altyd ‘n meestersgraad oorsee doen en het die geleentheid gekry om ʼn LLM in Arbeidsreg aan die Universiteit van Tilburg te voltooi.

Ons bly in Vlaardingen, ‘n dorp aan die buitewyke van Rotterdam, op die Nieuwe Waterweg, waar die vragskepe vanaf die Hoek van Holland na die Rotterdamse hawe vaar.

  • Hoe het immigrasie jou geraak?

Ons het Suid-Afrika nie oor politieke redes verlaat nie, daarom was dit maar moeilik om dit waarvoor jy lief is, agter te laat. Immigrasie het ons as gesin baie nader aan mekaar gebring. Jou gesin is ál vaste basis wat jy het. Jy kyk met ander oë na dit wat jy as gegewe aanvaar het. Ons taal, Afrikaans, het vir ons baie belangrik geword. Op ‘n geestelike vlak het ons besef dat ‘n mens se geloof nie gelyk is aan die kerk waarvan jy lid is nie. Afgesien daarvan dat ons vir jare nie ‘n kerk kon vind waar ons inpas nie, het ons wel steeds geweldig geestelik gegroei.

  • Was dit moeilik of maklik om in ‘n ander land aan te pas? (Was dit maklik om jou voete daar te vind?)

Dit was vir ons baie moeilik. Al klink Nederlands soos Afrikaans, verskil ons kultuur hemelsbreed. Om alles van voor af te leer, is nie maklik nie, maar dit is ook ‘n avontuur. Ons het in dieselfde maand as die internasionale ekonomiese krisis geïmmigreer, wat verdere druk op ons geplaas het, aangesien Europa direk in ‘n resessie ingegaan het. Tot vandag toe het ek nie dieselfde vlak van beroepsbevrediging as in Suid-Afrika nie.

  • Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

Dit is maklik: “My mense”, ons kos, en natuurlik die weer.

  • Wat geniet jy die meeste van die lewe in die buiteland?

Ek is mal oor tegnologie en die eerstewêreldse tegnologie is fantasties. Internet is goedkoop en vinnig en enige elektroniese toerusting kan aanlyn bestel word en dit word binne 24 uur afgelewer. Die veilige lewe wat jy vir jou kinders kan gee, is kosbaar. In die begin was dit maar moeilik om ons kinders los te laat om alleen met hulle fietse na plekke te gaan! En natuurlik die Suid-Afrikaners wat kom kuier.  Ons geniet die buitelewe geweldig en ry graag fiets. Ons geniet die ekstreme weer geweldig, soos sneeu, die riviere wat vries, die hele Nederland wat skaats en sjokolademelk wat by stalletjies verkoop word.

  • Wat is die lekkerste en slegste avontuur wat jy al daar beleef het?

Ons het gelukkig nie baie slegte avonture gehad nie; ek dink aan verdwaal in koue, vreemde stede en die doeane in Londen wat senuweeagtig is as jy ‘n Suid-Afrikaanse paspoort het. Die lekkerste was om Afrikaans te hoor by ‘n hoor-sitting in die eerste en tweede kamer van die Nederlandse parlement. As Arbeidsregkundige was dit vir my ‘n uitsonderlike geleentheid om die Internasionale Arbeidsorganisasie in Genève vir ‘n week te besoek en toe sommer ook die motorskou, wat per toeval dieselfde tyd plaasgevind het, by te woon.

  • Kom julle terug Suid-Afrika toe?

Dit bly maar ‘n mens se ideaal, maar ek weet nie of Suid-Afrika ons wil hê nie.

  • Enigiets anders wat jy wil byvoeg?

Wat ek geleer het, is dat ‘n mens is waar jy moet wees, en wat belangrik is, is jou waardes, geloof en of jy ‘n verskil maak.

*Andre dedryf ‘n Afrikaanse eBoek uitgewer en webwinkel in Nederland. Meer hieroor: http://www.maandbladzuidafrika.nl/node/111

 

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest