Leesvordering:

Uit en tuis: ’n e-pos uit Abu Dhabi

Mar 17, 2023

Uit en tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het. Vandeesweek gesels ons met Chirani Meyer wat saam met haar gesin in Abu Dhabi woon.

Van waar in Suid-Afrika is julle en waarom het julle besluit om in Abu Dhabi te gaan woon?

Ons het in Kaapstad gewoon en my man het ’n werksaanbod met puik voordele vir ons gesin in Abu Dhabi gekry.

Vertel ons ’n bietjie meer oor jou werk. Hoe verloop ’n tipiese dag in jou lewe? Is dit rustiger daar as in Suid-Afrika en het jy meer tyd om te ontspan en te reis?

Ek het my eie onderneming en werk van die huis af. My onderneming is ’n aanlyn winkel, CheriGurl Art op Redbubble.com. Ek maak ontwerpe wat spesifiek daarop gemik is om Saffas se lewe oorsee ’n bietjie op te kikker met Suid-Afrikaanse kultuur, humor en taal.

Ons het reeds die meeste besienswaardighede in die Verenigde Arabiese Emirate besoek en wil nou graag ’n bietjie deur Europa gaan toer.

Was dit vir jou ’n kultuurskok? Hoe verskil die leefwyse en lewenskoste van dié in Suid-Afrika?

Snaaks genoeg was die kultuurskok nie so erg soos ons dit destyds in Amerika ervaar het nie. Abu Dhabi het ’n oorvloed ekspats en hier bly nogal ’n groot groep Suid-Afrikaners. Die kos is ook nie te vreemd nie en dit is maklik om Suid-Afrikaanse produkte hier te koop.

Dinge is maar duur hier, maar salarisvoordele soos behuising, medies, ’n skooltoelaag en die feit dat ons geen inkomstebelasting hier betaal nie, maak dit heel leefbaar.

Hoe verskil die skoolstelsel in Dubai van dié in Suid-Afrika?

Die meeste buitelanders se kinders woon Amerikaanse of Britse internasionale skole by.

Die skooljaar begin in Augustus/September hier, wat anders is as in Suid-Afrika. Ons kon daardie “aftyd” met die oorgang tussen die twee akademiese jare gebruik om ons dogter by ’n Amerikaanse aanlyn skool in te skryf en dit het haar baie gehelp om by die Amerikaanse stelsel aan te pas. Tuisskool is wettig vir buitelanders in die Verenigde Arabiese Emirate.

Was Abu Dhabi se klimaat ’n groot aanpassing? Hoe hanteer julle die hitte?

Ja, die somers is woes warm hier en ons is ewig dankbaar vir lugversorging, maar die winters is heerlik en baie matig.

Daar is heelwat Suid-Afrikaners in Abu Dhabi. Kom julle soms bymekaar?

Ja, hier is heelwat Suid-Afrikaners en al het ons nie ’n amptelike Suid-Afrikaanse klub hier nie, kuier ons lekker saam. Sosiale media maak dit moontlik om sonder moeite met ander Suid-Afrikaners in aanraking te kom.

As jy kon teruggaan in tyd, wat sou jy nog in jou tas gepak het voordat jy Suid-Afrika verlaat het?

’n Braaibakkie en ’n tas vol biltong en boerewors.

Is daar enige Suid-Afrikaanse ondernemings naby wat julle graag ondersteun?

Ja, ons ondersteun dikwels die Hyperama in Khalifa City.

Vertel ons iets interessants oor Abu Dhabi.

Abu Dhabi is vol mense van verskillende kulture en ons geniet dit om mense van verskillende plekke te leer ken. Een nadeel is dat mense se visums direk aan hul werkstatus gekoppel is, so hulle is gedurig aan die kom en gaan.

LEES OOK: Uit en tuis: ’n e-pos uit Nenagh, Ierland

Skryf vir ons

Woon jy in die buiteland, of het jy dalk onlangs teruggekeer uit die buiteland? Jy kan ook vir ons ’n Uit en tuis-rubriek skryf. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za en ons stuur vir jou vrae om te beantwoord.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest