Leesvordering:

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Aug 7, 2023

Uit en tuis is die rubriek waar ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het en weer terug is in Suid-Afrika. Ons verneem graag van enigeen wat hulle belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Deon du Plessis wat in Nederland woon.

Hallo Deon, dit is baie lekker om met jou te gesels. Hoekom het julle juis gekies om na Nederland toe te emigreer?

Ons het Nederland verkies as gevolg van die taal en omdat ek in die verlede reeds Nederland besoek en ook navorsing hier gedoen het.

Vertel ons meer van jou gesin.

Ek en my vrou het in 2016 hierheen verhuis, en ook my dogter, skoonseun en kleindogter wat in die Verengde Koninkryk gewoon het. Almal van ons is in die onderwys.

Jy is ’n skoolhoof in Nederland. Was die werkskultuur ’n aanpassing en hoe verskil die Nederlandse skoolstelsel van dié in Suid-Afrika?

Daar is ’n reuseverskil in onderwys. Die benadering is totaal anders. Hier is ’n meer holistiese benadering. Ondersteuningsdienste werk, elke kind word as ’n individu beskou, en elkeen se totale ontwikkeling is belangrik. My skool is ’n internasionale skool en Engels is die voertaal. Ons maak gebruik van die International Primary Curriculum (IPC).

Jy rig die Kwaggas, ’n groep rugbyspelende Suid-Afrikaners, af. Vertel ons ’n bietjie meer van hulle.

Die Kwaggas is ’n groep Suid-Afrikaners wat ’n passie het vir Afrikaans en rugby. Die meeste van hulle speel oral in Nederland vir verskillende klubs in verskeie ligas. Ons kom net ’n paar keer per jaar bymekaar om te oefen vir die Amsterdam 7’s. Ons het nou so gegroei dat ons hierdie jaar vier spanne gehad het. Dit gaan nie net meer oor rugby nie, maar ook oor ’n ondersteuningsnetwerk vir Suid-Afrikaners wat iewers wil behoort. Ons help mekaar – soos ’n familie weg van die familie in Suid-Afrika. Ek en my vrou is die oudste en word natuurlik oom en tannie genoem. Ons het ’n paar sosiale geleenthede waar ons kuier en natuurlik braai! Boerewors, en soms kom daar ’n botteltjie brandewyn te voorskyn.

Daar is heelwat Suid-Afrikaners in Nederland. Kom julle soms bymekaar?

Daar is gereeld ’n samekoms vir Suid-Afrikaners. Die Kwaggas het ook byeenkomste. Ons het ’n paar weke gelede op die Nederlandse rugbystadion (NRCA) teen ’n toerspan uit die Verenigde Koninkryk, die Penguins, gespeel en 350 mense het ons braai bygewoon!

Om in ’n nuwe land aan te pas kan uitdagend wees. Wat was vir jou die grootste aanpassing in die buiteland?

Die feit dat alles werk! Die kos en die hope reëls.

Hoe verskil die Nederlandse leefwyse en lewenskoste van dié in Suid-Afrika?

Nederland is duur, baie duur. Moenie pryse in rand omskakel as jy euro’s verdien nie.

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika? Wat is die een ding wat jy wens jy in jou tas kon pak toe jy geëmigreer het?

Lekker vleis, veral die snitte wat ons het. Vleis is baie duur in Nederland. Maar ons het aangepas! Ons moet pasop om nie ’n subkultuur te begin nie. Ons woon in Nederland en moet aanpas!

Praat julle nog Afrikaans? Wat beteken jou Afrikaanse wortels vir jou?

Natuurlik praat ons Afrikaans. Selfs my Engelse skoonseun probeer sy bes. Ek is ’n Afrikaanssprekende en sal altyd trots wees daarop. Selfs my Engelse/Nederlandse/Afrikaanse kleinkinders praat vlot Afrikaans!

Enige lesse wat julle geleer het?

  • Wees jouself, maar pas aan by Nederland. Jy is ’n gas en moet by hulle aanpas en nie andersom nie. Ons sal altyd Afrikaners bly!
  • Reis deur Europa!

Is daar enige Suid-Afrikaanse ondernemings (winkels, restaurante, dienste) naby wat julle graag ondersteun?

Daar is baie, maar ons ondersteun net een wat boerewors en biltong maak, Biltong Bothers. Hy borg ook die Kwaggas. Sy biltong en boerewors staan nie ’n tree terug vir die ware Jakob nie. Hier is ook Afrikaanse kerke.

Watter interessanthede het jy oor Nederland ontdek wat jy nie vantevore geweet het nie?

  • Die Nederlanders het in die Tweede Wêreldoorlog swaargekry maar mekaar ondersteun.
  • Hulle is baie vergewensgesinde mense en help mekaar graag.
  • Selfs die hoogste gesag ry met fietse na die parlement en word nie deur blouligbendes vervoer nie.
  • Die koning is soos ’n gewone burger en probeer hom met almal vereenselwig.

LEES OOK: Uit en tuis: ’n e-pos uit Darmstadt, Duitsland 

Skryf vir ons

Woon jy in die buiteland, of het jy dalk onlangs teruggekeer uit die buiteland? Jy kan ook vir ons ’n Uit en tuis-rubriek skryf. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za en ons stuur vir jou vrae om te beantwoord.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest