Leesvordering:

Uit en tuis: ’n e-pos uit Dubai

Feb 15, 2024

Uit en tuis is die rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel.

Vandeesweek gesels ons met Anri Booysen, wat in Dubai woon.

Hallo Woestyn-roosfamilie, van waar in Suid-Afrika is julle en waarom het julle besluit om in Dubai te gaan woon?

Ons kom van PE (Gqeberha) af en het Dubai toe getrek vir ’n nuwe avontuur en ’n geleentheid waarvoor ons nie nee kon sê nie.  

Vertel ons meer van julle gesin.

Nadat ek geswot het, het ek op 21 na die land van die sand gegaan om ’n “food-runner” te wees in ’n luukse Japannese restaurant. Daar het ek my man 15 jaar terug ontmoet. Ons is toe terug Suid-Afrika toe nadat ons twee jaar in Dubai gewoon het. Ons het weer vir vier jaar in Suid-Afrika gebly voordat ons terug is Dubai toe. In Dubai het ons ons grootste mylpale bereik, van verloof raak tot ons dogtertjie wat hier gebore is. Ons woon nou al weer nege jaar hier.

Wat doen julle vir ontspanning in Dubai?

Dubai is baie glansryk, maar ons geniet dit om saam met ons vriende te braai en Suid-Afrikaanse dinge te doen. Dis asof mense hier meer Suid-Afrikaans is as in Suid-Afrika. Ons geniet dit om in die natuur te wees, ons gaan op staptogte, swem, gaan kerk toe en geniet dit om by die huis te wees.

Daar is heelwat Suid-Afrikaners in Dubai. Kom julle soms bymekaar?

Daar is Suid-Afrikaners om elke hoek en draai hier, en daar word baie Suid-Afrikaanse dae gereël veral wanneer die weer buite lekker is. My man is in die gasvryheidsbedryf hier, so hulle reël potjiekoskompetisies, braaidae, ens. Die Suid-Afrikaanse gemeenskap hier staan sterk saam. Ons sien ook dikwels ons Suid Afrikaanse Dubai-familie hier en ondersteun natuurlik die plaaslike Suid-Afrikaanse besighede.

Om in ’n nuwe land aan te pas kan uitdagend wees. Wat was vir julle die vreemdste ding om aan gewoond te raak en die grootste aanpassing in die buiteland?

Die gewoel hier is erg! Jy werk baie hard, so dit was en is steeds moeilik om daardie werk-lewe-balans te kry. Dit is soms stresvol want die lewenskoste hier is hoog. Verder was die weer ook ’n groot aanpasing, want in die somer is dit vrek warm en ’n mens kan skaars buitentoe gaan, so ons geniet maar die winter buite soveel as wat ons kan.

Vertel ons ’n bietjie meer oor julle werk. Hoe verloop ’n tipiese dag? Is die lewe rustiger daar en het julle meer tyd om te ontspan/reis?

Dubai het vir ons ’n baie vinnige lewenstempo. Ek en my man het albei baie uitdagende rolle waar ons werk. Hy is ’n bestuurder in die gasvryheidsbedryf en ek werk vir ’n digitale agentskap as senior sosialemediarekeningbestuurder. Dit beteken dit is werk deur die dag en dan natuurlik, Woestyn-roosbestellings wat afgelewer moet word (wat ons tans self doen), en om die bemarking van ons handelsmerk aan die gang te hou. In die oggende moet ons ons klein “wena” regkry vir skool, so ons weeksdae is maar besig. As ons nie belangrike gebeure het nie, is ons naweke so rustig as moontlik.

Bestuur van motors en bestuurslisensies – hoe verskil dit van Suid-Afrika? Besit julle jul eie kar of maak julle gebruik van alternatiewe vervoer?

Hier kan jy net jou bestuurderslisensie oorskakel, so jy hoef darem nie alles weer te doen nie – wat ’n nagmerrie hier is. Ons ry aan die ander kant van die pad en die verkeer is mal. Dit is dus ’n aanpassing, maar soos met enigiets raak ’n mens maar gewoond daaraan. Ek en my man besit ons eie motor hier. Toe ons sonder vervoer was aan die begin van ons Dubai-avontuur, het ons van die Metro- en tremstelsels gebruik gemaak. As ons sosiale funksies bywoon en ’n paar drankies gaan drink, gebruik ons meestal taxi’s sodat ons nie hoef te bestuur nie.

Hoe vergelyk die lewenskoste met dié in Suid-Afrika?

  • Lewenskostes hier is hoog, veral vir verblyf, en die huur styg heelwat jaarliks. 
  • Kruideniersware is ook duur, maar dit hang af waar ’n mens inkopies doen en ’n winskopie raakkoop.
  • Skoolfonds is baie duur hier. 
  • Petrolpryse is redelik hier, maar dit styg ook nou. 
  • Wat ek kan noem is, dat jy nie inkomstebelasting betaal nie, maar dit is veilig en die plek word baie mooi skoon gehou.

Wat beteken julle Afrikaner-erfenis vir julle? Watter tradisies laat julle voortleef in die buiteland?

Ons erfenis beteken alles vir ons en ons verlang na die huis! Ons klou vas aan ons Suid-Afrikaanse tradisies so veel as wat ons kan, soos braai ná kerk op ’n Sondag of kamp in die woestyn, ons staptogte (“hikes”) en natuurlik Suid-Afrikaanse kos. Ons is trots Suid-Afrikaans en ons is lief vir ons Afrikaanse taal.

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika? Wat is die een ding wat jy wens jy in jou tas kon pak toe jy geëmigreer het?

Jy kry basies alles hier wat ’n mens in Suid-Afrika kry in terme van “goeters”, maar wat ons die meeste mis is die natuur, die Suid-Afrikaanse atmosfeer, die gevoel en die belangrikste, ons familie.

Oorlewingslysie vir die Dubai-somer

BLY BINNE! Sonskerm … elke dag, WATER!!! Ons dra twee liter saam met ons oral waar ons gaan. Vitamiene D, almal hier het ’n tekort daaraan, want ons kom skaars buite wanneer dit somer is.

Sal julle ooit terugkeer Suid-Afrika toe?

Ons wil graag weer terug huis toe kom, natuurlik! Ons los dit maar in die Here se hande.

Skryf vir ons

Woon jy in die buiteland, of het jy dalk onlangs teruggekeer uit die buiteland? Jy kan ook vir ons ’n Uit en tuis-rubriek skryf. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za en ons stuur vir jou vrae om te beantwoord.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest