Leesvordering:

Uit en Tuis: ’n E-pos uit Riga, Letland

Jan 20, 2022

In Uit en Tuis gesels ons met mense wat tans in die buiteland woon of voorheen daar gewoon en gewerk het. Hierdie week gesels ons met Marelize Vermeulen, wat tans in Riga, Letland studeer. Sy vertel ons van karums, ’n lekker wat van maaskaas gemaak word met allerhande geure daarby gemeng.

Waar woon jy en vir hoe lank woon jy al daar?

Ek woon in Riga, Letland sedert Augustus 2019 – dus so om en by twee en ’n halwe jaar. 

Wat is die interessantste dis wat jy in Riga geëet het?

Dis ’n moeilike vraag … Die kos hier is maar baie soos ons kosse: brood, vleis en aartappels met soveel lekkernye. Riga spog ook met die grootste mark (volgens oppervlak) in Europa, so daar is altyd ’n nuwe broodjie, pastei of koekie om te toets.

Op die vreemde lys sou ek plaas:

  • Swart brood – Dit is hul tradisionele knoffelbrood wat mens gewoonlik eet soos wat ons Suid-Afrikaners biltong sou eet. Dit is pikswart en word gerooster en warm bedien, gewoonlik saam met ’n wit doopsous.
  • Swart bier – Dit gaan baie goed met die swart brood saam. Dit is ’n donker lager wat deur Valmeimuižas Alus gebrou word. Dit het ’n brandewyn-en-coke-kleur, smaak lig soos ’n lekker lager en ’n vrugtige nasmaak.
  • Karums – Dit is ’n lekker wat van maaskaas gemaak word met allerhande geure daarby gemeng. Dit lyk amper soos ’n Italiaanse kus, maar pleks van roomys binne-in die sjokolade bevat karums maaskaas. Dit is wat ek ’n aangeleerde smaak sou noem, maar dit is lekker en die kinders eet dit hier dat die spoeg spat. Ek moet egter byvoeg dat maaskaas in bykans elke dis voorkom.
  • Gerookte vis – om van te kus en te keer.

Watter raad sal jy vir enigiemand gee wat in Riga wil studeer?

Ek dink mens se opsies om in Latvia te studeer is ongelukkig effens beperk. Maar hulle spog met ongelooflike mediese, tandheelkunde- en ingenieursfakulteite. Ek studeer aan die Riga Strandins Universiteit (RSU) in Riga self en sal dit vir enige iemand aanbeveel wat medies of tandheelkunde wil aanpak. 

My gunstellingvoordele is:

  • Jy kry ’n EU-kwalifikasie.
  • Die klasse is klein (maksimum 12 studente per klas, gemiddeld agt) met praktiese opleiding. 
  • Jy kan in Engels studeer.
  • Die stad is kosmopolities met ’n groot internasionale gemeenskap.
  • Hulle bied top- mediese opleidingstegnologie.
  • Die meeste dosente (selfs in preklinieke) is self dokters.

Die enigste nadeel tans is dat daar geen beurse vir Suid-Afrikaners beskikbaar is nie, wat so ’n klein frustrasie is.

Letland self het so ’n bietjie van alles. Dis klein, mooi en goedkoop, maar mens steeds kry al die voordele van ’n Europese leefstyl. En Letland is natuurlik net ’n bus, trein of goedkoop vliegkaartjie weg van al die ander Europese lande. 

Die belangrikste ding om te onthou, is om jou drome na te jaag. As dit in Letland is, doen dit. Maak net seker jy doen jou huiswerk ordentlik voor die tyd. Ek sal die RSU oor en oor kies.

Wat word beskou as ’n luukse in Letland wat in Suid-Afrika bekostigbaar is?

Bekostig is die groot woord hier … Die eerste ding waaraan ek gedink het, is veiligheid. Maar op ’n ligter noot is dit definitief reis; die gogga het kliphard gebyt. Dit is so maklik, vinnig en goedkoop om soos ’n regte student op ’n trein, bus, vliegtuig of veerboot te klim, straatkos te eet en in goedkoop koshuise te slaap. Dit laat my toe om gereeld, gewoonlik vroualleen, die wêreld te verken.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest