Leesvordering:

Uit en Tuis rubriek – Mariza Ebersohn

Apr 28, 2016

Uit en Tuis is die rubriek waar ons gaan gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar nou weer terug is in Suid-Afrika. Ons verneem graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Mariza Ebersohn wat in Frankryk woon.

Hallo, Mariza! Vertel ons meer van jouself – waar woon jy en wat doen jy daar?

Ek bly saam met my man in Frankryk. Hy het hierheen gekom vir ‘n werksgeleentheid. Ek het nie ‘n werkspermit nie, maar ek het al redelik baie goed gekry om my mee besig te hou. Die taal self is baie moeilik en daarom neem ek Franse klasse. Ek kan myself al redelik goed help! Daarby doen ek ‘n blog oor die kultuur, kos, reis en fotografie. Ek het al baie interessante goed beleef en wil dit graag deel. Gaan lees gerus my blog, Life in the South of gaan like haar Facebook-blad.

Was dit moeilik om in ‘n ander land aan te pas?

Die eerste jaar was moeilik omdat die taal so vreemd was vir my en ook omdat ek nog nooit voorheen oorsee was nie. Elke reis na ʼn ander plek in Frankryk of ‘n ander land is ‘n nuwe opwinding en voorreg.

Wat is die lekkerste en slegste avonture wat jy al daar beleef het?

Die slegste sal ek sê is om so ver van ons familie af te bly. Ek wens soms dat ek net by my ma kon gaan kuier, maar ek het darem ‘n sussie wat ook in Europa bly wat dit ‘n bietjie makliker maak. Die lekkerste is al die vriende en memories wat ons al hier gemaak het.

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

My familie, vriende, ‘n lekker ontbyt, Woolworths, en die feit dat daar altyd ‘n lekker koffiewinkel om elke hoek en draai is. Hier is dit weer Boulangeries om elke hoek.

Hoe het immigrasie julle geraak?

Ek sal dit nie regtig as immigrasie beskryf nie, want ons is net hier vir ‘n kort rukkie. Ons sal enige dag terugkeer na Suid-Afrika toe. Dis werklik die mooiste en beste plek om te woon.

Wat geniet jy die meeste van die lewe in Frankryk?

Daar is nie regtig nie net een ding wat ek kan uitsonder nie. Elke dag het maar sy eie lekker. Ons is bevoorreg om hier te kan bly en het al ‘n paar plekkies gesien en goed gedoen.

Kom jy terug Suid-Afrika toe?

Ja verseker, ek is baie lief vir my land en die mense daar.

Was dit maklik om julle voete daar te vind?

Dit het ons ‘n tydjie gevat; goed hier is heelwat moeiliker as wat dit by die huis is. ‘n Mens besef eers hier wat jy als voorheen gehad het, maar ons het die beste van elke situasie gemaak.

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest