Leesvordering:

Uit en Tuis: ’n E-pos uit Japan

Sep 29, 2021

Uit en Tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon. Ons het met Kendall Daniell gesels in Japan.

  1. Waar woon jy en waarom juis daar?

Ek en my gesin woon in Suzuka, op die platteland in die Mie-provinsie van Japan. Ons woon al amper drie jaar hier vandat my man by die Honda Heat Rugbyklub aangesluit het. Ons stad staan in sterk kontras teenoor ‘n plek soos Tokio, maar ons geniet die rustiger deel van Japan. Ons is immers “affie plaas” en met ‘n drie maande oue seuntjie verkies ons die platteland bo die stad se gewemel.

  1. Was dit ʼn groot aanpassing?

Die grootste aanpassing was om net oor die algemeen te kan kommunikeer. Hier waar ons bly praat mense slegs Japannees. Koffie bestel, afsprake maak en aanwysings vra was skielik onmoontlik. Ons het wel met behulp van Japanese lesse darem die basiese woorde onder die knie.

  1. Praat julle nog Afrikaans?

Ons praat gereeld Afrikaans met die ander Suid-Afrikaners. Daar is tans vier ander Saffas wat ook vir Honda speel, en natuurlik heelwat by die ander rugbyklubs regoor Japan. Ek kon my ore nie glo toe ek een dag inkopies doen en Afrikaans hoor nie. Daar was toevallig twee SA-onnies wat klas gegee het in dieselfde gebou. Dit is werklik een van die mooiste tale, veral as ’n mens dit so ver van die huis af hoor!

  1. Wat was die vreemdste om aan gewoond te raak?

Almal trek hul skoene uit voor hulle by ’n huis ingaan. Dit gebeur selfs by dokterspreekkamers, badkamers en sommige restaurante. Die meeste plekke sal ’n rak vol sloffies hê vir binnenshuise gebruik. By sommige gimnasiums moet jy ’n paar skoene hê wat jy slegs daarbinne dra en weer uittrek wanneer jy die gebou verlaat.

  1. Is dit duur om daar te woon?

Japan is beslis nie ’n goedkoop plek om in te woon nie. Vars produkte word meestal ingevoer en vleis (soos ons dit ken) is skaars en duur. Jy sal nie sommer ’n ordentlike skaaptjoppie vind nie, wat nog te praat van bekostig.

  1. Van waar in Suid-Afrika is jy en waarom het jy besluit om oorsee te gaan woon?

Ek en my man is beide van die Oos-Kaap. My man kom uit die Karoo en ek van die Sondagsriviervallei, dus het die rustiger plattelandse Suzuka ons baie goed gepas. Die stad is eintlik net bekend vir die Japanese Formule Een-wedren wat jaarliks hier plaasvind. Die Honda-motorfabriek asook die maatskappy se rugbyklub is natuurlilk ook hier.

Woon jy in die buiteland? Ons wil van jou hoor. Stuur gerus ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest