Leesvordering:

Uitbranding: Alles wat jy moet weet

Mar 29, 2021

Volgens ’n studie deur The American Institute of Stress word sowat 77% van alle mense fisies deur onbeheerde stres geaffekteer. Stres beïnvloed jou liggaam, en jou liggaam beïnvloed weer jou gees. Uitbranding is ook ’n realiteit vir baie wat oorsee werk en ver van hulle ondersteuningstelsel is. Dit is belangrik dat jy nie alleen daardeur probeer werk nie en weer met ’n kritiese oog kyk na al die hooi op jou vurk!

Volgens die Woordeboek vir Maatskaplike Werk is uitbranding die gevolg van werkverwante stres en frustrasie wat deur wisselende grade van depressie en apatie gekenmerk word. Ons almal voel met tye moeg en uitgeput, maar dit is belangrik dat jy weet wanneer jy jou omgewing, gewoontes of werkslading moet begin aanpas.

Wat veroorsaak uitbranding?

Uitbranding word veroorsaak deur langtermynstressors. ’n Stressor is ’n chemiese middel, omgewingstoestand of eksterne gebeurtenis wat as sneller dien vir die afskeiding van streshormone soos kortisol. Eksterne gebeurtenisse wat stres veroorsaak, is byvoorbeeld die verkeer, ‘n gebrek aan fisiese aktiwiteit, die eise wat familie stel, oorbeligting en verlore sleutels. Stressors veroorsaak fisiese, chemiese en geestelike reaksies in jou liggaam en op die langtermyn kan dit jou immuunstelsel afbreek.

Simptome van uitbranding

Wanneer jy op ’n konstante basis onder stres is, kan jy sukkel om daaglikse kwessies te hanteer en al meer negatief op jou omgewing reageer. Simptome soos slaaploosheid, vergeetagtigheid en swak konsentrasievermoë is die eerste waarskuwingstekens. Volgens Goeiehuishouding.co.za onttrek mense wat aan uitbranding lei hulle van vriende en familie en raak besluiteloos en apaties oor hulle verantwoordelikhede. Hulle loop ook gevaar om afhanklik te raak van energiedrankies, slaappille of ander middele.

In die finale stadium van uitbranding raak ’n mens depressief. Dit is belangrik om betyds hulp te kry om te verhoed dat selfvernietigende gedagtes die oorhand kry. Uitbranding kom veral voor onder omgeeberoepe soos maatskaplike werkers, doktors en verpleegsters, maar deesdae ervaar al meer mense in ander professionele beroepe dit ook.

Hoe werk jy uitbranding teen?

Om uitbranding te verhoed, moet jy jou immuunstelsel regruk, genoeg slaap en stresvlakke onder beheer kry. Hoe doen jy dit? Mediteer gereeld, deel jou probleme en uitdagings met vriende en familie, oefen meer en eet gesond. Meditasie beteken om vir minstens 5 minute per dag stil te raak en asemhalingsoefeninge te doen. Volgens die 4-7-8-tegniek moet jy vir vier sekondes deur jou neus inasem, vir sewe sekondes jou asem inhou en vir agt sekondes deur jou mond uitblaas; herhaal dit vier maal. Meditasie beteken nie net om jou gedagtes leeg te maak van afleidings of gedagtes nie, maar ook om dit te vul met iets positiefs. Mediteer oor ’n Bybelvers of iets waarvoor jy dankbaar is.

Omdat stres jou liggaam en gees beïnvloed, moet jy dit beveg deur fisies aktief te raak en jou gedagtes te fokus op iets waaroor jy wíl dink. As jy sukkel om dit self te doen, is dit wys om ’n kliniese sielkundige te gaan spreek.

Dit is altyd goed om na te dink oor jou situasie, waarmee en met wie jy jouself omring. Wees eerlik met jouself oor jou gedragspatrone en jou daaglikse besluite oor hoe om jou tyd te bestee.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest