Flip Buys (voorsitter van die Solidariteit Beweging) en Dirk Hermann (bestuurshoof van Solidariteit) se meningstukke oor brandende kwessies in die Suid-Afrikaanse politiek, vakbondwese, sport, plaaslike en internasionale geskiedenis, en sake soos regstellende aksie en rassediskriminasie word deurlopend in dagblaaie, tydskrifte en op nuuswebwerwe gepubliseer. Vat jou goed en bou! Twintig jaar van Solidariteit is ’n versameling van nagenoeg 100 van hulle opspraakwekkendste rubrieke in die afgelope twee dekades en is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers. Klik hier vir meer inligting.
Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio
Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...