Verskeie spaaropsies beskikbaar in Suid-Afrika

21/07/2021
| Deur Amanda Visser
photo-1499377193864-82682aefed04

Deur Amanda Visser

Kies die regte een

Die meeste mense sal nie verbaas wees om te hoor dat die verwagte Suid-Afrikaanse huishoudelike spaarkoers vir 2022 vêr onder 1% (0,60%) gaan bly nie. Die huishoudelike spaarkoers word gebaseer op die ekonometriese modelle van Trading Economics.

Dié powere spaarkultuur bestaan selfs ten spyte van verskeie belastingdoeltreffende en belastingvrye spaarprodukte op die mark. Suid-Afrikaners kan belastingvry spaar deur middel van belastingvrye beleggingsrekenings (BBR) of kan ruim belastingaftrekkings geniet deur geld in aftreefondse en uittree-annuïteite te spaar.

Belastingvrye beleggingsrekenings

Die regering het in 2015 belastingvrye beleggingsrekenings bekendgestel om die spaartekort in die land aan te spreek. Dit is hoofsaaklik op die middelinkomstemark gerig.

’n Belastingvrye beleggingsrekening het ’n jaarlikse limiet van R36 000 en ’n lewenslange beleggingslimiet van R500 000. Hierdie rekeninge kan nie vir transaksies gebruik word nie. Vaste deposito’s, staatseffekte, sekere uitkeerpolisse, gekoppelde beleggingsprodukte en beursverhandelde fondse wat as kollektiewe beleggingskemas geklassifiseer word, kwalifiseer alles as ’n BBR.

Mense word afgeraai om geld uit hierdie beleggings te onttrek, sê Ronald King, hoof van beleid en reguleringskwessies by PSG. Die doelwit is om vir die lang termyn te spaar. Hy sê belastingvrye beleggingsplanne het inderdaad ’n rol om te speel in mense se beleggingsportefeuljes. Die gevaar bestaan egter dat mense op die belastingvoordeel sal fokus sonder om genoeg moeite te doen met die beleggingsbesluit – dus, die onderliggende bates wat gekies moet word. “Hulle kan moontlik te konserwatief belê,” sê King.

Charl Horn van FirstRand Group Belasting sê beleggers moet ’n produkverskaffer oorweeg wat ’n belastingvrye produk bied wat basies ’n enkele produk is, maar buigsaam is sodat daar in verskillende onderliggende bateklasse belê kan word. Dit sluit kontant, eiendom, ekwiteite en effekte in.

Een van die grootste voordele van ’n BBR is dat beleggers van produk kan verwissel om sodoende opbrengs te verhoog – sonder enige belastingimplikasies, sê Horn.

King sê aangesien dit ’n langtermynbeleggingsvoertuig is, die bate-allokasie in hoërrisikobates soos eiendom en ekwiteite meer gewig moet dra.

“Hoewel ’n bankdeposito die goedkoopste opsie is, beperk dit die belegger tot kontant en is dit nie die beste opsie vir langer termyn beleggings nie.”

Hy sê wanneer beleggers ’n 10-jaar belegging oorweeg, sal ’n mens normaalweg na ’n gebalanseerde gematigde fonds kyk. Indien die beleggingsperiode 15 jaar of langer is, daal die risiko van ’n ekwiteitsbelegging aansienlik en word dit ’n aantreklike opsie.

Deur in ’n BBR vir jou kinders te belê, gee jy jou kind ’n goue handdruk aan die begin van hul volwasse lewe, in plaas daarvan dat hulle self daarmee begin en eers 20 jaar later die vrugte daarvan pluk, sê Horn.

Hy noem ook dat minderjariges onder hul eie naam belas word vir inkomste wat deur hulle ontvang word of ophoop, tensy artikel 7 van die wet bevind dat die inkomste deur die kind se ouer ontvang is.

Binne die konteks van belastingvrye beleggingsrekenings kan dit geïnterpreteer word dat waar ’n ouer bydra tot die fondse in ’n kind se BBR, dit beskou sal word dat enige inkomste wat daaruit spruit aan die ouer sal behoort.

“Omdat die inkomste uit die BBR belastingvry is, sal dit geen negatiewe belastingimplikasies vir die ouer inhou nie. Die ouers sal dit egter wel in hul belastingopgawe moet verklaar,” voeg hy by.

Keith Engel, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belastingspraktisyns, sê vanweë die nuwe vermoë wat SARS het om derdepartydata te bekom, veral wat die finansiële sektor betref, is dit goed om ’n belastingvrye opsie te hê.

“Baie mense gebruik hierdie tussentydse spaaropsie wat ’n mate van buigsaamheid vir onttrekking het, waar pensioenfondse ’n langer spaartermyn behels. In sommige gevalle kan tussentydse buigsaamheid noodsaaklik wees in gevalle waar mense vir hul kinders se opleiding wil spaar,” sê Engel.

Belastingvoordelige beleggings

Volgens King weeg die belastingaftrekkings van bydraes tot pensioen-, voorsorg- en uittree-annuïteitsfondse swaarder as die voordele van niebelasbare onttrekkings uit ’n belastingvrye beleggingsplan. Beleggers mag tot 27,5% van hul jaarlikse belasbare inkomste belê, onderhewig aan ’n maksimum van R350 000 per jaar.

Met aftrede is die onttrekking van die eerste R500 000-lompsom belastingvry.

Die bydraes tot ’n belastingvrye belegging is nie aftrekbaar van belasting nie, maar die inkomste daaruit is belastingvry en daar is geen belasting betaalbaar op onttrekkings uit die fonds nie.

Nog ’n opsie is ’n uitkeerpolis waar rente, dividend-inkomste of kapitaalwins wat verdien word, in die fonds belas word. Inkomste word teen 30% belas (selfs al is die individu se belastingkoers 41%) en kapitaalwins word teen 12% belas (selfs al is die individu se effektiewe kapitaalwinskoers 16,4%). Enige voortydige onttrekking uit die fonds kan egter onderhewig wees aan fooie.

King en Horn beklemtoon dat beleggers altyd hul risiko-aptyt en hul beleggingsdoelwitte in ag moet neem wanneer hulle besluite neem.

Photo: NeONBRAND (Unsplash)

Deel op

"*" indicates required fields

Waar in die wêreld woon jy?
Naam en van
  • United States+1
  • United Kingdom+44
  • Afghanistan (‫افغانستان‬‎)+93
  • Albania (Shqipëri)+355
  • Algeria (‫الجزائر‬‎)+213
  • American Samoa+1
  • Andorra+376
  • Angola+244
  • Anguilla+1
  • Antigua and Barbuda+1
  • Argentina+54
  • Armenia (Հայաստան)+374
  • Aruba+297
  • Australia+61
  • Austria (Österreich)+43
  • Azerbaijan (Azərbaycan)+994
  • Bahamas+1
  • Bahrain (‫البحرين‬‎)+973
  • Bangladesh (বাংলাদেশ)+880
  • Barbados+1
  • Belarus (Беларусь)+375
  • Belgium (België)+32
  • Belize+501
  • Benin (Bénin)+229
  • Bermuda+1
  • Bhutan (འབྲུག)+975
  • Bolivia+591
  • Bosnia and Herzegovina (Босна и Херцеговина)+387
  • Botswana+267
  • Brazil (Brasil)+55
  • British Indian Ocean Territory+246
  • British Virgin Islands+1
  • Brunei+673
  • Bulgaria (България)+359
  • Burkina Faso+226
  • Burundi (Uburundi)+257
  • Cambodia (កម្ពុជា)+855
  • Cameroon (Cameroun)+237
  • Canada+1
  • Cape Verde (Kabu Verdi)+238
  • Caribbean Netherlands+599
  • Cayman Islands+1
  • Central African Republic (République centrafricaine)+236
  • Chad (Tchad)+235
  • Chile+56
  • China (中国)+86
  • Christmas Island+61
  • Cocos (Keeling) Islands+61
  • Colombia+57
  • Comoros (‫جزر القمر‬‎)+269
  • Congo (DRC) (Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo)+243
  • Congo (Republic) (Congo-Brazzaville)+242
  • Cook Islands+682
  • Costa Rica+506
  • Côte d’Ivoire+225
  • Croatia (Hrvatska)+385
  • Cuba+53
  • Curaçao+599
  • Cyprus (Κύπρος)+357
  • Czech Republic (Česká republika)+420
  • Denmark (Danmark)+45
  • Djibouti+253
  • Dominica+1
  • Dominican Republic (República Dominicana)+1
  • Ecuador+593
  • Egypt (‫مصر‬‎)+20
  • El Salvador+503
  • Equatorial Guinea (Guinea Ecuatorial)+240
  • Eritrea+291
  • Estonia (Eesti)+372
  • Ethiopia+251
  • Falkland Islands (Islas Malvinas)+500
  • Faroe Islands (Føroyar)+298
  • Fiji+679
  • Finland (Suomi)+358
  • France+33
  • French Guiana (Guyane française)+594
  • French Polynesia (Polynésie française)+689
  • Gabon+241
  • Gambia+220
  • Georgia (საქართველო)+995
  • Germany (Deutschland)+49
  • Ghana (Gaana)+233
  • Gibraltar+350
  • Greece (Ελλάδα)+30
  • Greenland (Kalaallit Nunaat)+299
  • Grenada+1
  • Guadeloupe+590
  • Guam+1
  • Guatemala+502
  • Guernsey+44
  • Guinea (Guinée)+224
  • Guinea-Bissau (Guiné Bissau)+245
  • Guyana+592
  • Haiti+509
  • Honduras+504
  • Hong Kong (香港)+852
  • Hungary (Magyarország)+36
  • Iceland (Ísland)+354
  • India (भारत)+91
  • Indonesia+62
  • Iran (‫ایران‬‎)+98
  • Iraq (‫العراق‬‎)+964
  • Ireland+353
  • Isle of Man+44
  • Israel (‫ישראל‬‎)+972
  • Italy (Italia)+39
  • Jamaica+1
  • Japan (日本)+81
  • Jersey+44
  • Jordan (‫الأردن‬‎)+962
  • Kazakhstan (Казахстан)+7
  • Kenya+254
  • Kiribati+686
  • Kosovo+383
  • Kuwait (‫الكويت‬‎)+965
  • Kyrgyzstan (Кыргызстан)+996
  • Laos (ລາວ)+856
  • Latvia (Latvija)+371
  • Lebanon (‫لبنان‬‎)+961
  • Lesotho+266
  • Liberia+231
  • Libya (‫ليبيا‬‎)+218
  • Liechtenstein+423
  • Lithuania (Lietuva)+370
  • Luxembourg+352
  • Macau (澳門)+853
  • Macedonia (FYROM) (Македонија)+389
  • Madagascar (Madagasikara)+261
  • Malawi+265
  • Malaysia+60
  • Maldives+960
  • Mali+223
  • Malta+356
  • Marshall Islands+692
  • Martinique+596
  • Mauritania (‫موريتانيا‬‎)+222
  • Mauritius (Moris)+230
  • Mayotte+262
  • Mexico (México)+52
  • Micronesia+691
  • Moldova (Republica Moldova)+373
  • Monaco+377
  • Mongolia (Монгол)+976
  • Montenegro (Crna Gora)+382
  • Montserrat+1
  • Morocco (‫المغرب‬‎)+212
  • Mozambique (Moçambique)+258
  • Myanmar (Burma) (မြန်မာ)+95
  • Namibia (Namibië)+264
  • Nauru+674
  • Nepal (नेपाल)+977
  • Netherlands (Nederland)+31
  • New Caledonia (Nouvelle-Calédonie)+687
  • New Zealand+64
  • Nicaragua+505
  • Niger (Nijar)+227
  • Nigeria+234
  • Niue+683
  • Norfolk Island+672
  • North Korea (조선 민주주의 인민 공화국)+850
  • Northern Mariana Islands+1
  • Norway (Norge)+47
  • Oman (‫عُمان‬‎)+968
  • Pakistan (‫پاکستان‬‎)+92
  • Palau+680
  • Palestine (‫فلسطين‬‎)+970
  • Panama (Panamá)+507
  • Papua New Guinea+675
  • Paraguay+595
  • Peru (Perú)+51
  • Philippines+63
  • Poland (Polska)+48
  • Portugal+351
  • Puerto Rico+1
  • Qatar (‫قطر‬‎)+974
  • Réunion (La Réunion)+262
  • Romania (România)+40
  • Russia (Россия)+7
  • Rwanda+250
  • Saint Barthélemy+590
  • Saint Helena+290
  • Saint Kitts and Nevis+1
  • Saint Lucia+1
  • Saint Martin (Saint-Martin (partie française))+590
  • Saint Pierre and Miquelon (Saint-Pierre-et-Miquelon)+508
  • Saint Vincent and the Grenadines+1
  • Samoa+685
  • San Marino+378
  • São Tomé and Príncipe (São Tomé e Príncipe)+239
  • Saudi Arabia (‫المملكة العربية السعودية‬‎)+966
  • Senegal (Sénégal)+221
  • Serbia (Србија)+381
  • Seychelles+248
  • Sierra Leone+232
  • Singapore+65
  • Sint Maarten+1
  • Slovakia (Slovensko)+421
  • Slovenia (Slovenija)+386
  • Solomon Islands+677
  • Somalia (Soomaaliya)+252
  • South Africa+27
  • South Korea (대한민국)+82
  • South Sudan (‫جنوب السودان‬‎)+211
  • Spain (España)+34
  • Sri Lanka (ශ්‍රී ලංකාව)+94
  • Sudan (‫السودان‬‎)+249
  • Suriname+597
  • Svalbard and Jan Mayen+47
  • Swaziland+268
  • Sweden (Sverige)+46
  • Switzerland (Schweiz)+41
  • Syria (‫سوريا‬‎)+963
  • Taiwan (台灣)+886
  • Tajikistan+992
  • Tanzania+255
  • Thailand (ไทย)+66
  • Timor-Leste+670
  • Togo+228
  • Tokelau+690
  • Tonga+676
  • Trinidad and Tobago+1
  • Tunisia (‫تونس‬‎)+216
  • Turkey (Türkiye)+90
  • Turkmenistan+993
  • Turks and Caicos Islands+1
  • Tuvalu+688
  • U.S. Virgin Islands+1
  • Uganda+256
  • Ukraine (Україна)+380
  • United Arab Emirates (‫الإمارات العربية المتحدة‬‎)+971
  • United Kingdom+44
  • United States+1
  • Uruguay+598
  • Uzbekistan (Oʻzbekiston)+998
  • Vanuatu+678
  • Vatican City (Città del Vaticano)+39
  • Venezuela+58
  • Vietnam (Việt Nam)+84
  • Wallis and Futuna (Wallis-et-Futuna)+681
  • Western Sahara (‫الصحراء الغربية‬‎)+212
  • Yemen (‫اليمن‬‎)+967
  • Zambia+260
  • Zimbabwe+263
  • Åland Islands+358
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels