Leesvordering:

Visums duur en word dikwels geweier 

Aug 14, 2019

Suid-Afrikaners betaal al meer vir visums wanneer hulle wil reis, en die Verenigde Koninkryk en Amerika weier dikwels om visums toe te staan. Volgens Travelstart.co.za oorweeg byna die helfte van Suid-Afrikaners om eerder lande te besoek wat geen visumvereistes het nie of wat visums met aankoms uitreik.

Redes vir weiering van visums

Volgens ‘n meningspeiling is die redes wat aangevoer word vir die weiering van visums onder andere dat aansoekers nie die rede vir hulle besoek duidelik genoeg maak nie, dat hulle nie genoegsame fondse het om hulle besoek te ondersteun nie, dat hulle nie ‘n behoorlike reisplan het nie of dat hulle ‘n onreëlmatige visum of reisgeskiedenis het.

Die VSA vereis nou selfs dat aansoekers hulle gebruikersname vir sosiale media en ou e-posadresse en selfoonnommers moet verskaf. Besluitnemers kan op grond van jou plasings op sosiale media besluit om nie ‘n visum toe te staan nie. Aansoekers weet nie altyd waarom hulle aansoeke afgekeur is nie omdat besluitnemers nie verplig is om die redes bekend te maak nie.

Koste van visums

‘n Visum vir die Verenigde Koninkryk kos al byna R2 000. Die tyd wat die uitreiking van visums neem, is nie vas nie en die uitgerekte visumproses het talle Suid-Afrikaners al duur te staan gekom. In dieselfde studie dui 22% van Suid-Afrikaanse paspoorthouers aan dat hulle hul reis moes uitstel, 17% het geld in die proses verloor, 10% moes hulle reis kanselleer en 6% het hulle vlugte gemis.

Die vae visumriglyne is vir Suid-Afrikaners selfs ‘n groter frustrasie as die lang aansoekprosedure, gebrek aan betaalopsies en groot afstande wat baie van hulle wat op die platteland woon na groot stede moet aflê.

Wenke vir visumaansoeke

Jy kan nooit seker wees hoe lank dit gaan duur om jou visum te kry nie; party aansoekers kry hulle visums binne ‘n week en ander wag tot ses weke. Volgens Travelstart se verslag dui talle plaaslike toeragentskappe aan dat hulle al tot ses maande gewag het om ‘n afspraak by die VSA-konsulaat te kry. Die proses is darem besig om te verbeter en die meeste mense kry hulle visums betyds. Sowat 31% het aangedui dat hulle die uitslag van hul visumaansoek binne twee weke ontvang het en ‘n verdere 28% binne ‘n week. Neem egter in ag dat jy tussen twee en vier weke kan wag vir ‘n visum vir die Verenigde Koninkryk of Schengenlande.

Bespreek sover as moontlik direkte vlugte. Dit is wel duurder, maar kan die uitdagings van deurgangsvisums voorkom.

Hier is ‘n paar wenke om die aansoekproses vir ‘n visum makliker te maak:

  • Doen so vroeg as moontlik aansoek vir jou visum.
  • Maak seker jou paspoort is geldig vir minstens drie maande na die datum waarop jy beplan om terug te keer.
  • Doen moeite om jou reisplan uit te stippel en omskryf die rede vir jou besoek deeglik.
  • Vra ‘n aanduiding van wanneer jy terugvoer kan verwag wanneer jy jou dokumente indien sodat jy weet wanneer om op te volg.
  • Maak seker jou sosialemediablaaie is skoon en sonder vreemde plasings net soos wanneer jy aansoek doen vir werk.

Alhoewel sekere lande se prosesse vir visumaansoeke strenger en duurder word, word steeds net 4% van Suid-Afrikaanse aansoeke afgekeur. As jy kans sien vir die vorms, afsprake en wat dit jou uit die sak kan jaag, word jy darem steeds beloon deurdat jy die wêreld kan sien! As dit vir jou een te veel is, hou dan net vakansie in lande wat dit vir Suid-Afrikaners maklik maak.

Lande wat Suid-Afrikaners sonder visums kan besoek

Volgens die Henley Passport Index kan Suid-Afrikaners 99 lande sonder ‘n visum besoek of met ‘n visum wat by aankoms uitgereik word. Hier is ons top-18 lande wat jy kan oorweeg (*visum word by aankoms uitgereik):

  • Thailand
  • Singapoer
  • Sri Lanka*
  • Maledive-eilande*
  • Hongkong
  • Indonesië
  • Ierland
  • Fidji
  • Mauritius
  • Bahamas
  • Brasilië
  • Peru
  • Argentinië
  • Panama
  • Israel
  • Georgië
  • Botswana
  • Seychelle*

Suid-Afrikaanse paspoorthouers se toegang tot die wêreld verbeter. Maar vir eers moet ons gewoond raak aan lang prosesse en baie papierwerk!

Lees ook: Meer as 100 lande wat Suid-Afrikaners sonder ‘n visum kan besoek

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest