Leesvordering:

Visums vir Suid-Afrikaanse sakemense in Victoria

Apr 14, 2016

Daar is tallose emosionele en leefstylfaktore wat emigrasie en immigrasie motiveer. Vir baie mense wat landverhuising oorweeg, is die keuse hoofsaaklik strategies. En daar is talryke geleenthede vir besigheidsmense, entrepreneurs en beleggers in verskillende streke.

Een só ‘n gebied is Victoria in Australië wat visums vir beroepslui onder die Australiese regering se Business Innovation and Investment Programme (BIIP) bied. Hierdie visum word aan beroepsportlui gebied wat ‘n Expression of Interest (EOI) deur SkillSelect ingedien het en vervolgens deur ‘n staats- of streeksregering ten behoewe van die Victoriaanse regering vir die visum benoem is.

BIIP-visums

Daar is verskeie saketalentstrome waardeur beroepslui van Suid-Afrika vir permanente Australiese visums kan kwalifiseer – elk met sy eie kwalifiserende kriteria en mandate. Hierdie visums word onder vyf breë kategorieë toegewys.

1. Noemenswaardige Sakegeskiedenis

Die Noemenswaardige Sakegeskiedenis Visum is vir welvarende beroepsportlui met ‘n suksesvolle sakegeskiedenis. Hierdie aansoekers beoog om ʼn belangrike bestuursrol in nuwe of bestaande ondernemings in Australië te speel.

Keuringsmetodes

  • Staatsaanwysing
  • SkillSelect (DIAC)

Kwalifiserende kriteria

  • Onder die ouderdom van 50.
  • Netto sakebates ≥AUD400 000 in ten minste twee van die vier finansiële jare voor aansoek.
  • Totale bates wat wettiglik na Australië oorgeplaas mag word binne twee jaar vandat die visum goedgekeur is ≥AUD1,5 miljoen.
  • Totale omset ≥AUD3 miljoen in een of meer van die hoofondernemings vir ten minste twee van die vier finansiële jare voor immigrasie.
  • Minimum eienaarskap van 51% indien omset <AUD400 000, 30% indien omset > AUD400 000 of 10% in geval van openbare notering.
  • Suksesvolle rekord as beroepsportman of –vrou.
  • Opregte begeerte om ‘n bestuursrol in ‘n Australiese onderneming te speel.
  • Moet aan aanvullende sakeaktiwiteite in Victoria deelneem.

2. Waagkapitaal Entrepreneur

Die Waagkapitaal Entrepreneur Visum is vir entrepreneurs wat van voorneme is om belangrike bestuursrolle te speel in ondernemings wat in die vroeë fase van hul bestaan is of wat produkkommersialisering of -ontwikkeling wil doen in nuwe of bestaande ondernemings met ʼn hoë waarde in Australië.

Keuringsmetodes

  • Staatsaanwysing
  • SkillSelect (DIAC)

Kwalifiserende kriteria

  • Die aansoeker moet ʼn wetlik afdwingbare ooreenkoms met ‘n Australiese maatskappy sluit om kapitale befondsing vir die volgende te ontvang:
    • ondernemings wat in die vroeë fase van hul bestaan is;
    • produkkommersialisering;
    • sakeontwikkeling; en/of
    • sake-uitbreiding.
  • Die bedrag wat volgens hierdie ooreenkoms verskaf word, is ≥AUD1 miljoen.
  • Die Australiese maatskappy moet ʼn lid van die Australian Private Equity and Venture Capital Association Limited (AVCAL) wees.
  • Die netto waarde van sake- en persoonlike bates moet voldoende wees om in Australië te hervestig.
  • Die aansoeker moet van voorneme wees om:
    • ‘n onderneming in Australië tot stand te bring of tot ‘n bestaande onderneming by te dra;
    • ‘n beduidende eienaarskapsbelang in ‘n onderneming te handhaaf; en
    • ‘n direkte en voortdurende betrokkenheid by die daaglikse bestuur van ‘n onderneming te handhaaf, insluitend besluitneming oor die algehele koers en prestasie.
  • Die aansoeker moet aan aanvullende sakeaktiwiteite in Victoria deelneem.

3. Sake-innovering

Hierdie visums is vir entrepreneurs wat beoog om belangrike bestuursrolle te speel in ondernemings wat in die vroeë fase van hul bestaan is of wat produkkommersialisering of     -ontwikkeling wil doen in nuwe of bestaande ondernemings met ʼn hoë waarde in Australië.

Keuringsmetodes

  • Staatsaanwysing
  • SkillSelect (DIAC)
  • Puntetoets (DIAC)

Kwalifiserende kriteria

  • Onder die ouderdom van 55.
  • Minimum telling van 65 vir die innovasiepuntetoets, insluitend:
    • ouderdom;
    • Engelse vaardigheid;
    • kwalifikasies;
    • bates;
    • omset; en
    • innovasie.
  • Totale bates ≥AUD800 000.
  • Jaarlikse omset ≥AUD500 000 in een of meer besighede in ten minste twee van die vier finansiële jare voor aansoek.
  • Minimum eienaarskap van 51% indien omset <AUD400 000, 30% indien omset >AUD400 000 is of 10% in geval van openbare notering.
  • Het onderneming bestuur waar minder as helfte van tyd aan professionele, tegniese of ambagsdienste bestee is.
  • Suksesvolle rekord as beroepsportman of -vrou.
  • Opregte begeerte om ‘n bestuursrol in ʼn Australiese onderneming te speel.
  • Moet aan aanvullende sakeaktiwiteite in Victoria deelneem.

4. Belegger

Die Belegger Visum is vir sakemense met ʼn suksesvolle beleggings- of sakeagtergrond en wat aangewese beleggings maak. Hierdie indiwidue beoog om hul sake- of beleggingsaktiwiteite in Australië voort te sit ná die uitkeer van ʼn aangewese belegging.

Keuringsmetodes

  • Staatsaanwysing
  • SkillSelect (DIAC)
  • Puntetoets (DIAC)

Kwalifiserende kriteria

  • Onder die ouderdom van 55.
  • Minimum telling van 65 vir die innovasiepuntetoets, insluitend:
    • ouderdom;
    • Engelse vaardigheid;
    • kwalifikasies;
    • bates;
    • omset; en
    • innovasie.
  • Minimum bates ≥AUD2,5 miljoen.
  • Rekord van suksesvolle beleggings- of sakeaktiwiteite.
  • Hoë beleggings- of besigheidsbestuursbevoegdheid.
  • Minimum drie jaar se direkte beleggings- of besigheidsbestuursondervinding.
  • ≥AUD1,5 miljoen aangewese beleggingsinkomste (TCV-verbande) voordat visum goedgekeur word.
  • Onderneming om sake- of beleggingsaktiwiteite in Australië voort te sit sodra aangewese belegging uitgekeer het.
  • Direkte betrokkenheid by beleggingsbestuur van ≥AUD1,5 miljoen of ʼn onderneming met ten minste 10% eienaarskap vir ten minste een van die vyf finansiële jare voor aansoek.
  • Moet aan aanvullende sakeaktiwiteite in Victoria deelneem.
  • Aangewese belegging in TVC-verbande.

5. Aansienlike Belegger

Diegene met ‘n noemenswaardige sake- of beleggingsagtergrond sal in die Aansienlike Belegger Visum belangstel.

Keuringsmetodes

  • Staatsaanwysing
  • SkillSelect (DIAC)

Kwalifiserende kriteria

  • Geen ouderdomsbeperking nie.
  • Geen vereiste vir innovasiepuntetoets nie.
  • Minimum verblyfvereiste van 160 dae in Australië in die vier jaar vandat die visum goedgekeur is.
  • ≥AUD5 miljoen inkomste uit buigsame beleggings voordat die visum goedgekeur word.
  • Moet aan aanvullende sakeaktiwiteite in Victoria deelneem.
  • Buigsame beleggings moet voordelig wees vir Victoria.
  • Instemming om deur toepaslike VGBO- of beleggingsraadgewers gekontak te word.

Indien jy belangstel om in Australië te werk of te belê, kan jy eenvoudig vir cashkows.com kontak. Besoek ons gerus by www.cashkows.com vir meer inligting.

Weer die gebruiklike herinnering dat Wêreldwyd nie verantwoordelikheid kan neem vir die opinies wat ons bydraers huldig, die inhoud van hulle bydraes onder of die dienste wat hulle aanbied nie.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Onderneming in die Kollig: Wolkskool

Hierdie week se kollig is op Wolkskool. Wolkskool is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis: ’n e-pos uit Malta

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Renzo Harmse, wat...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest