Leesvordering:

VN-forum vir minderheidsregte toon internasionale behoefte vir moedertaalonderrig

Des 7, 2017

Amptenare, burgerregte- en nieregeringsorganisasies van regoor die wêreld het vandeesweek bymekaar gekom tydens die 10de sitting van die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland. Vanjaar se tema van die sitting is jeugkwessies van minderheidsgroepe en sluit onder meer kwessies soos onderwys, die jeug se deelname aan openbare kwessies en benutting van die media om hulle minderheidsregte te bevorder, in.

Verteenwoordigers van minderheidsgroepe in lande soos Rusland, Engeland, Irak, Poland, Soedan, Georgië, Japan, Tunisië, Kanada en Iran het tydens die eerste sessie, wat oor inklusiewe onderrig om die jeug te bemagtig, gehandel het, het vertel van die uitdagings wat hulle ondervind veral ten opsigte van moedertaalonderrig.

Volgens Elizabieta Kuzborska, ’n verteenwoordiger van die Poolse minderheid in Litaue, is taal die kern van ’n persoon se identiteit.

Die Republiek van Litaue is ’n Noordoos-Europese land waar die Poolse minderheid (in 2009 sowat 205 500 mense oftewel 6,9% van die totale bevolking) bestaan uit etniese Pole en Litauers wat in die 19de en 20ste eeu geassimileer is.

Volgens Kuzborska word Poolse kinders in Litaue tans van hul reg tot moedertaalonderrig op skoolvlak ontneem.

Kuzborska het tydens die geleentheid gesê dat moedertaalonderrig mense bemagtig en dat daar ’n onmiskenbare verband tussen menseregte en moedertaalonderrig is. “Moedertaalonderrig móét aangemoedig en gerespekteer word. Dit is die sleutel tot inklusiwiteit en akademiese sukses.”

Wooki Park-Kim, van die menseregtekommissie vir Koreane in Japan, het die diskriminasie wat Koreaanse skoliere in Japan ervaar, uitgelig. Volgens Park-Kim word alle Koreaanse kinders ontneem van staatsubsidiëring vir hul skoolgeld, bloot omdat hulle nie in die Japanese taal skoolgaan nie.

Verteenwoordigers van Letland het gesê dat hul regering tans moedertaalonderrig bestempel as ’n instrument vir segregasie eerder as ’n bate vir akademiese uitnemendheid. Hul meen dat leerlinge se moedertaal, sowel as hul kultuur en geskiedenis, by skole geleer en gerespekteer moet word.

Verteenwoordigers van lande soos Sjina, Egipte en Soedan is meer as een keer deur amptenare en verteenwoordigers van hul tuislande stilgemaak, veral rakende kwessies oor vroueregte en geloofsdiskriminasie.

Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het op haar beurt by die forum uitgelig dat 80% van Suid-Afrikaanse skole disfunksioneel is, grootliks weens politieke inmenging en swak opgeleide onderwysers. Volgens Bailey is dit verregaande dat daar soveel druk is om Engels die enigste amptelike opleidingstaal in Suid-Afrika te maak, veral omdat Afrikaans ’n funksionerende taal is wat wiskundig en wetenskaplik ontwikkel is.

Volgens Bailey is deelname aan hierdie byeenkoms van groot belang. “Dit is ’n platform waar minderhede en hul burgerlike instellings ’n geleentheid kry om die vraagstukke wat hulle in die gesig staar nie alleen onder die VN se aandag te bring nie, maar ook aan internasionale liggame en drukgroepe bekend te stel. Netwerke word gebou en beste praktyke ondersoek wat die bevordering en beskerming van regte aanbetref.”

Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, stem saam dat deelname aan die forum se werksaamhede noodsaaklik is. “Ons benut spreekbeurte by die forum, asook die indien van ’n verslag om duidelik te maak op watter wyses daar teen ons jeuglede gediskrimineer word en hoe die owerhede mense van toekomsgeleenthede beroof deur byvoorbeeld die afdwinging van eentalige onderwys, kwotastelsels en ’n program van regstellende aksie sonder ’n afsnypunt.

Tydens die verrigtinge het dr. Ferdinand de Varennes, die spesiale rapporteur oor minderheidsregte van die VN, ook gesê dat moedertaalonderrig ’n sleutelelement van sy mandaat as spesiale rapporteur is en dat die onderwerp baie van sy aandag in die toekoms sal geniet.

Meer oor die outeur

Jhua-nine Wyrley-Birch

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest