Leesvordering:

Vrolike kinderboek uitgegee om fonds te versterk

Mei 26, 2022

As daar nou een ding is wat uiters belangrik is as dit kom by opvoeding, is dit om van jongs af ‘n liefde vir lees te kweek by kinders.  Dus, kan ‘n kind se boekrak nooit té vol wees nie. 

Daarom was dit ‘n sinvolle projek om aan te pak toe Malan Uitgewers Die Bemagtig-‘n-kind fonds nader met ‘n idee om die kinderboek, “Vrolike Vaaltyn en sy verhale”, ten bate van dié fonds uit te gee. Dus, met die aankoop van elke boekie, word die ‘n deel van die wins geskenk om die fonds uit te bou.

Die boek: Vrolike Vaaltyn en sy verhale

Ontmoet in hierdie vermaaklike boekie die twee klein donkies Vaaltyn en Diktand. Vaaltyn is die slimste – hy dink soms self so. Maar wanneer hy skrik of iets hom ontstel, laat vat hy met sy ore plat getrek terwyl sy stert stokstyf staan en hy sy oë styf toeknyp. En so beland hy kort-kort KAPLAKS! in die rivier. Ou Diktand kyk net gewoonlik na dié spulletjie en bly Vaaltyn se beste maat. Al kan hy soms baie lekker lag wanneer Vaaltyn in die verknorsing beland. Maak ook in Vrolike Vaaltyn en sy verhale kennis met hul ander maats en lees van al hul manewales.

Dit is ’n vrolike boekie, geskryf deur Sandra Krogh, vol prettige illustrasies vir voor- of selflees en behoort in ’n wye verskeidenheid lesers of luisteraars se smaak te val. Die verhaaltjies is oorspronklik deur ’n ma vir haar kinders uitgedink en vertel.  Karen van der Merwe het gesorg vir die kleurvolle illustrasies.

Koop vandag nog jou aankope in groot maat vir jou klaskamer of vir jou skool biblioteek!

Indien jy meer wou uitvind oor die Bemagtig-‘n-kind-veldtog, kan jy hier gaan lees of as jy wil uitvind  wat ‘n verskil die fonds in kinders se lewens maak, besoek die blad.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

’n Netwerk wat vir jou werk

’n Netwerk wat vir jou werk

Deur Sue-Ann de Wet Die belangrikheid van ’n ondersteunende netwerk kan nie onderskat word nie. Die bou van ’n netwerk in ’n nuwe land gaan oor meer as net sake doen of werk soek; dit gaan ook oor die skep van ’n ondersteuningsbasis wat jou kan help om die gevoel van...

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Kyk die ouer garde van ander lande jou snaaks aan as jy nog na hulle as “Oom” en “Tannie” verwys? Langarmsokkie julle nog in die sitkamer op Afrikaanse sokkietreffers? Ons kultuur is meer as net melktert en braaivleis. Wat is daardie klein gewoontes wat jy net...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest