Leesvordering:

Vyf dinge wat jou na jou taal laat verlang

Jun 17, 2020

Soms verlang ‘n mens verskriklik na Afrikaans, na die klank van jou moedertaal wat oor ‘n vriend of geliefde se lippe rol – ongeag of dit met anglisismes gepeper is of die suiwerste FAK-standaard Afrikaans is. Afrikaans is nie net ‘n medium vir kommunikasie nie; dit is die taal waarin ons liefkoos en troos, vlymskerp grappies maak, en aanbid en skep. Daarom is dit dan ook so dat iemand wat met jou in jou moedertaal praat in der waarheid met jou hart praat.

Hier is vyf dinge wat jou verseker na jou hartstaal sal laat verlang.

Musiek in jou taal

Henry Wadsworth Longfellow het gesê musiek praat ‘n universele taal wat almal kan verstaan. Enige goeie deuntjie of treffende liriek tokkel ‘n mens se hartsnare, maar soveel te meer as dit boonop in jou moedertaal is! Wanneer ‘n mens op ‘n koue wintersnag na die woorde van Laurika Rauch se “Kyk hoe glinster die maan” of “Ek het ‘n huisie by die see” luister, kan jy nie anders as om heimwee te voel nie. Of het jy al Jakkie Louw en Kevin Leo of Joshua na die Reën se weergawe van “Voshaarnooi” gehoor?

Skryfkuns in jou taal

Afrikaans is nie net die taal van ikone soos Antjie Krog of C.J. Langenhoven nie, maar van baie mense wêreldwyd. Dit is die moedertaal van sowat sewe miljoen mense en die tweede taal van nog 14 miljoen. Al dié mense léés en lééf in Afrikaans. Hoe wonderlik is dit nie dat ongeveer 45% van alle boeke wat in Suid-Afrika verkoop word Afrikaans is nie! In 2013 was sowat 40 van die 100 topverkoper-boeke in Suid-Afrika Afrikaans. Internasionaal bekroonde skrywers soos Deon Meyer en Irma Joubert woeker in hulle moedertaal en skep ongelooflike stories wat wêreldwyd geniet word.

Kuier in jou taal

Om bloot in jou eie taal te gesels, is ‘n vreugde. Maar om in Afrikaans te kuier, is ‘n luukse – veral omdat Afrikaans so ‘n unieke taal is. Met gesegdes soos “Kom ons gee vir julle van Noag se sop” (kom ons drink wyn) en “bakkiebrakkie” (‘n hond wat orals saamry) kan ‘n mens nie anders as om lekker te kuier in Afrikaans nie!

Films in jou taal

Nuusfilms word reeds vanaf die negentiende eeu in Suid-Afrika gemaak, maar die eerste films met klank het Suid-Afrika eers in 1929 bereik. Met die opening van die Capitol-teater in Pretoria in 1931 is Joseph Albrecht se Sarie Marais en Moedertjie vertoon. Dit was eg Afrikaanse produkte en die eerste Suid-Afrikaanse films met klank; die Afrikaanse filmbedryf is steeds volstoom aan die gang. Bitter min dinge laat jou ‘n traan pink soos ‘n goeie Afrikaanse film. Deesdae is daar gereeld nuwes om van te kies – van rillers tot romans. As jy op die uitkyk is vir ‘n goeie Afrikaanse film, begin by Modder en Bloed of Semi-Soet!

Produkte in jou taal

Afrikaanse produkte sal die nostalgie in jou wakker maak. Of dit tong-in-die-kies-koffiebekers of regte, egte moerkoffie is, produkte in Afrikaans is net beter. ‘n Kussing met ‘n oulike Afrikaanse rympie kikker enige huis op en sal jou aan jou moedertaal herinner elke keer as jy voor die TV stelling inneem. Soms mis ‘n mens dit bloot om die woord “blatjang” in plaas van “chutney” op ‘n bottel te sien – dan besef jy eers jy mis jou taal.

Die Afrikaanse taal is lewendig. Dit lewe in elkeen wat dit daagliks gebruik en geniet. Gebruik dit, maak dit deel van jou en geniet elke oomblik daarvan!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest