Leesvordering:

Vyf moet-sien historiese plekke in Suid-Afrika

Aug 26, 2019

Hier is jou eie Historiese Plekke Tiktaklys

In elke land is daar moet-sien-plekke wat toeriste op hulle lysies sit wanneer hulle daardie land besoek. In Frankryk is dit sekerlik die Eiffeltoring en die Louvre Kunsmuseum en in Engeland dalk Big Ben en Buckingham Paleis. So moet jy eenvoudig ook minstens een Holocaust Museum in Europa en een piramide in Egipte besoek om ’n ware gevoel van daardie streek se geskiedenis te kry. En in Suid-Afrika? Wel, as jy werklik die historiese hart van Suid-Afrika wil vóél klop en wil weet waarom jou huis hier is, moet jy minstens een keer by die volgende plekke afdraai.

Slagvelde van die Vryheidsoorloë (soos Majuba en Magersfontein)

Hoewel daar in die meeste gevalle nie veel te siene oor is by die slagvelde van die Vryheidsoorloë nie, vertel die oop ruimtes ’n meer treffende storie as wat museums en boeke ooit sal kan. Deur net vooraf ’n bietjie oor die veldslag te lees en jouself te vergewis van die omstandighede van die slag en die ligging van die onderskeie groepe kry ’n soms barre terrein weer lewe.

Myndorpe (soos Cullinan en Kimberley)

Die rol wat mynbou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gespeel het, kan eenvoudig nie ontken word nie. Besoek ou myndorpe soos Pelgrimsrus, Cullinan of Kimberley om ’n prentjie te vorm van die diamantstormloop en goudkoors wat die wêreld in die middel-1800’s beetgepak het.

Voortrekkermonumente (soos dié in Pretoria en by die Bloedrivier Erfenisterrein)

Die Voortrekkers se waagmoed en dapper optrede word nêrens so prominent uitgebeeld as by die imposante Voortrekkermonument in die suidweste van Pretoria nie. Hoewel dit een van die gewildste historiese toeristeaantreklikhede in die land is, is dit beslis nie die enigste plek waar die Trekkers se verhale vertel word nie. Nog ’n bekende terrein is die Bloedrivier Erfenisterrein naby Dundee in KwaZulu-Natal. Maar beloon jouself ook met ’n besoek aan die kleiner monumente met groot stories, byvoorbeeld die Vegkop Slagveld buite Heilbron en die Moorddrif Monument buite Mokopane (Potgietersrus).

Konsentrasiekampterreine (soos Irene, Bloemfontein en Bethulie)

Tientalle konsentrasiekampterreine is reg oor Suid-Afrika te vinde. Waarskynlik die treffendste element daarvan is die naamlyste wat die sterftes aandui. Doen gerus navorsing om te bepaal waar jou voorouers in dié kampe van die Anglo-Boereoorlog aangehou is voordat jy kies watter een om te besoek. (Maak hiervoor gerus gebruik van die Universiteit van Kaapstad se konsentrasiekampdatabasis by https://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/) Die wete dat een van jou voorouers op ‘n plek was, sal die besoek soveel meer spesiaal en persoonlik maak.

Argitektoniese wonders (soos die historiese kerke en Kerkplein)

Tientalle Suid-Afrikaanse dorpies het rondom kerke ontstaan en uiteindelik die bymekaarkomplek van mense uit die uithoeke van die distrik geword. Hoewel nie alle kerkgeboutjies die toets van die tyd deurstaan het nie, vertel dié wat behoue gebly het ’n waardevolle verhaal van die Suid-Afrikaanse argitektoniese geskiedenis. Prominente historiese kerke sluit onder meer die volgende in: die Groote Kerk in Kaapstad (die oudste NG-gemeente in die land) wat in 1841 opgerig is; die NG-gemeente Graaff-Reinet se Neogotiese kerk wat in die laat 1880’s gebou is; en die sogenaamde Paul Kruger Kerk in Pretoria wat in 1879 in gebruik geneem is. Die Ou Raadsaal en Paleis van Justisie wat in onderskeidelik 1889 en 1897 gebou is, is maar net ’n paar van die prominente historiese geboue op Kerkplein (sonder enige kerk) in die hartjie van Pretoria.

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest