Leesvordering:

Waar kom die naam ‘Oranjerivier’ vandaan?

Jul 13, 2020

Robert Gordon is in 1743 in Gelderland, Nederland, gebore. Sy vader was van Skotse herkoms, maar ’n toegewyde Nederlandse burger.

As jong man het Gordon by die Skotse regiment in Nederland aangesluit en ook verder in die natuurwetenskappe gestudeer. Van 1773 tot 1774 het hy die Kaap die eerste keer besoek, aan ontdekkingsreise aldaar deelgeneem en met sy terugkeer springbokke vir die Nederlandse koning se versameling diere saamgeneem! In dié tyd het koninklikes graag persoonlike dieretuine aangehou en eksotiese spesies daarvoor bekom.

In 1776 is Gordon as kaptein in die Kaapse garnisoen aangewys. Later sou Gordon aanvoerder van die garnisoen word – ’n groot taak, want by tye het die garnisoen uit tot 3 000 lede bestaan.

Ná sy aankoms aan die Kaap in 1777, het Gordon weer aan ontdekkingsreise in die binneland deelgeneem. In dié jaar het hy die eerste keer die Groot Gariep- of Oranjerivier gesien, en in 1779 na die riviermond gaan soek. Op 17 Augustus 1779 het hy die monding bereik en aan die rivier die naam ‘Oranje’ gegee, ter ere van Prins Willem V van Oranje, die Nederlandse stadhouer.

Gordon word vandag vir sy uitstekende kartografie, sketse, reisbeskrywings, eerste optekeninge van Khoi- en Santale, asook versamelings van fauna en flora onthou. Verder was hy vir die vestiging van die wolbedryf in Suider-Afrika en Australië verantwoordelik met die invoer van merinoskape na beide.

Ná die Britse besetting van die Kaap in 1795 is Gordon valslik van verraad teen Nederland beskuldig. Dit was so vernederend vir hom dat hy op 25 Oktober 1795 selfmoord gepleeg het. Sy vrou en hul vier seuns het hierna die Kaap verlaat en hulle in Switserland – sy vrou se geboorteland – gevestig.

Gordon se huis – “Schoonder Sigt” – staan vandag nog in Oranjezicht, Kaapstad. Met my laaste besoek daaraan was dit bekend as Flower Street Villa, ’n gastehuis.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest