Leesvordering:

Waar kom ons liefde vir boeretroos vandaan?

Aug 21, 2018

Die onlangse oplewing van koffieroosterye en die ontwaking van koffiespesialiste in Suid-Afrika het die aandag gevestig op Afrikaners se voorliefde vir ʼn koppie sterk koffie. Dit is nie ʼn nuwe verskynsel nie. Ons kulturele band met dié donker brousel het alreeds in Europa ontstaan.

Teen die eerste helfte van die agtiende eeu was dit al gewoonte om voor ontbyt reeds koffie aan tafel te drink. So diepgewortel was die gewoonte dat niemand van die ontbyttafel af opgestaan het voordat minstens ʼn halfdosyn koppies koffie gedrink is nie. Dit is sekerlik dan ook een van die oorsake van die vroue aan die Kaap se slegte tande in dié tyd. Mentzel, ʼn vroeë reisiger aan die Kaap, vertel dat die vroue slegter tande as hulle eweknieë in Nederland gehad het juis oor hulle liefde vir koffie. Nie dat die koffie soseer daarvoor te blameer was nie. Hy vertel dit was die vroue se gewoonte om ʼn klontjie suiker tussen hulle tande vas te byt en die koffie dan daardeur te teug.

Die gewoonte het nie in die slag gebly met die Britse oorname van die Kaap nie. Lady Anne Barnard, wat goeie verhoudinge met die burgers gehad het maar tog haar hovaardige opinies in haar dagboeke neergepen het, merk op: “We found here what is universal in this country – a constant drinking of coffee going forward. It is to be found boiling on the table over charcoal all day long.”

Teen die einde van die volgende eeu was koffie die gewildste drankie onder Afrikaners. Ds. Lion Cachet het hom in 1861 in ʼn vertelling oor die Nagmaalsvieringe vier maal per jaar in Ladysmith so daaroor uitgelaat: “Daar was brood, beschuit, koek, vleesch en KOFFIJ. Onze menschen drinken veel koffij.”

Die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het Afrikaners gedwing om kreatief met die brou van dié drankie om te gaan. Generaal Ben Viljoen skryf in sy memoirs oor die oorlog: “…almal weet dat dit ʼn swaar beproewing is vir ʼn Boer om sonder koffie te leef…”, en dan verduidelik hy dat die Boere so desperaat was vir ʼn bietjie boeretroos dat hulle “mielie koffie” begin maak het deur mieliepitte op die kole te braai, dit fyn te maal en met melk te drink!

Die hedendaagse koffiekultuur in Suid-Afrika het ook ʼn paar uitblinkers – die resultaat van ʼn eeue-oue tradisie van die donker brousel. Truth Coffee in Kaapstad is twee jaar na mekaar as die beste koffiewinkel in die wêreld benoem.

Of jy nou ʼn koppie boeretroos op jou ouma se koolstoof brou of ʼn koppie by jou naaste roostery koop, onthou dit is deel van ʼn eeue-oue tradisie.

As jy nostalgies raak oor egte moerkoffie, kom loer hier. De Afrikander Handelshuis se moerkoffie word spesiaal deur ʼn koffielaboratorium gebrou om soos die ware Jakob te smaak. Ons verskeep landswyd en internasionaal, so sit die tradisie voort en teug aan ʼn heerlike koppie boeretroos!

Besoek www.afrikander.com vir moerkoffie en ander eg Afrikaanse produkte! De Afrikander Handelshuis is die grootste Afrikaanse aanlynwinkel en is ʼn trotse verspreider van produkte met kultuur.

Meer oor die outeur

Charl Oberholzer

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest