Leesvordering:

Wat beteken Brexit en nuwe VK-immigrasiereëls vir Suid-Afrikaners?

Jan 30, 2019

Baie Suid-Afrikaners is bekommerd oor hoe Brexit hul kanse sal beïnvloed om in die Verenigde Koninkryk (VK) te bly en werk. Die goeie nuus vir Suid-Afrikaners en ander nieburgers van die Europese Unie (EU) is dat die beëindiging van vrye bewegingsregte en nuwe VK-immigrasiereëls wat onderweg is hulle kan baat.

Brexit en die beëindiging van vrye bewegingsregte sal beteken dat daar ’n aanvraag vir werkers in die VK sal wees wat nie noodwendig deur werkers vanuit die EU gevul gaan word nie, aangesien hulle nie meer ’n outomatiese reg tot werk in die VK gaan hê nie. Hierdie sal voordelig vir nie-EU-werkers wees wat vir geleenthede soek om in die VK te bly en werk.

Witskrif oor VK-immigrasie

Teen die einde van 2018 het die VK-regering ’n witskrif oor immigrasie uitgereik. Die VK-regering beplan om breedvoerig met ondernemings, belanghebbers en die publiek te skakel oor hierdie voorstelle. Hulle gaan dan ook begin om die nuwe immigrasiestelsel vanaf 2021 in ’n gefaseerde benadering in te stel. Let wel dat die VK-regering intussen sal voortgaan om sommige ander immigrasieveranderings, soos die Seisoenale Landbouskema, in te faseer.

Die voorstelle wat in die witskrif vervat is, bring goeie nuus vir Suid-Afrikaners wat op soek is na geleenthede om in die VK te bly, werk of studeer. Van hierdie hoofvoorstelle sluit in:

  • Om die jaarlikse perk op die aantal beskikbare werksvisums te verwyder.
  • Om die vaardigheidsdrempel te verbreed. Deur die vaardigheidsdrempel te verbreed, sal persone met kwalifikasies gelykstaande aan Britse A-vlakke ook vir geskooldearbeidersvisums in aanmerking kom.
  • VK-werkgewers wat tans nie-EU-burgers op die vlak-2 roete wil aanstel, moet eers die pos adverteer om te verseker dat daar geen geskikte plaaslike werker is nie. Die witskrif stel voor dat hierdie vereiste verwyder word. Dit sal dus makliker wees vir VK-werkgewers om nie-VK-werkers aan te stel.
  • ’n Nuwe 12-maandvisum word ook vir alle vaardigheidsvlakke voorgestel. Hierdie visum sal toegang tot die werksmark verskaf, maar sonder enige voordele. Visumhouers sal nie toegelaat word om familie saam te bring nie, en die visum sal nie tot VK-vestiging lei nie. Daar sal ook ’n 12-maand afkoeltydperk wees. Dit beteken dat ’n persoon nie dadelik vir ’n nuwe visum kan aansoek doen nie, maar ’n verdere 12 maande sal moet wag voordat die persoon in aanmerking kom om weer aansoek te doen.
  • Daar sal geen perk op internasionale studente wees wat vir hul studies na die VK gaan nie. Daar is ook voorstelle dat studente toegelaat moet word om vir ses maande na behaling van ’n baccalaureus- of meestersgraad vir werk te soek. Hierdie tydsraamwerk sal 12 maande wees vir studente wat ’n doktorsgraad behaal het.

Dit is duidelik dat die beëindiging van vrye bewegingsregte en die voorgestelde nuwe VK-immigrasiereëls baie geleenthede sal skep vir persone wat in die VK wil bly en werk. Breytenbachs is ook opgewonde oor die huidige nuwe voorstelle wat in 2019 ingestel gaan word, soos die Seisoenale Landbouskema.

Vir meer inligting of om uit te vind of jy vir enige huidige VK-visum of permit in aanmerking kom, besoek gerus www.bic-immigration.com.

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest