Leesvordering:

Wat bied Die Wolkskool vir leerders

Apr 5, 2021

Die Wolkskool is ontwikkel om Afrikaanse skole, onderwysers en leerders te ondersteun en te versterk deur hulle met vaardighede wat relevant is vir die Vierde Industriële Rewolusie (4IR) toe te rus.

Hierdie aanlyn leerplatform vir Graad 1 tot 12 is ontwikkel deur die Skoleondersteuningsentrum (SOS). Die oogmerk is om die oorspronklike mandaat te verwesenlik, nl. om aanlyn leer met die onderrig in die klaskamer te help integreer sodat onderwysers optimaal ondersteun word om leerders effektief vir die toekoms voor te berei.

Daar is reeds sowat 4000 lesse in Afrikaans in video-formaat deur professionele onderwysers geskep. Leerders kan die lesse in hul eie tyd, vanaf enige plek en teen hul eie pas, aanvullend tot skoolonderrig, deurkyk. By elke les kry leerders die geleentheid om hul eie kennis te toets deur die toepaslike assesserings te doen. Resultate word so gou moontlik beskikbaar gestel en hulle kan oor die onmiddellike resultate nadink en die toets herhaal totdat hulle die kennis bemeester.

Gereelde blog-artikels met wenke vir ouers oor hoe om hul leerders te ondersteun, word gereeld op https://skole.co.za/blogs/ gepubliseer.

Opsommend lyk Die Wolkskool se nuwe funksionaliteite vir onderwysers, wat onlangs geïmplementeer is, of binnekort geïmplementeer word, as volg:

  1. Onderwysers kan self aanlyn klasse skep en leerders daarmee koppel.
  2. Dis nou moontlik om meer as een onderwyser per klas te hê.
  3. Dis nou moontlik om afkondigings/boodskappe/dokumente aan leerders en ouers te stuur.
  4. Toegang tot verbeterde vorderingsverslae van leerders of klasse (binnekort).
  5. Toegang tot verbeterde assesseringsuitslae van leerders of klasse (binnekort).
  6. Onderwysers kan opdragte skeduleer en leerders kan dit elektronies indien.
  7. Kalenderitems soos toetse kan geskeduleer word (binnekort).

Hierdie funksionaliteit kan uiteraard beteken dat selfs al bevind die leerder hom- of haarself in ʼn ander land as hul tuisland, hulle steeds kan skakel met hulle betrokke onderwyser en so op datum bly met die inhoud wat deur die res van die klas behandel word.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest