Leesvordering:

Wat is die eerste ding wat in jou kop spring wanneer jy aan China dink?

Jun 8, 2017

Deur Fanie van der Merwe

Wat is die eerste ding wat in jou kop spring wanneer jy aan China dink?

Megastede? Wolkekrabbers? Fabrieke? Besoedeling? Mensmiershope?

Bogenoemde tel beslis onder die newe-effekte wat met die vinnigste nywerheidsomwenteling in die geskiedenis van die mensdom gepaard gaan, en daarom is China waarskynlik vir baie mense sinoniem met dié ongewenste byprodukte van ontwikkeling en vooruitgang.

Dit is ook so dat bykans alle verbruikersgoedere vandag in China vervaardig (en nagemaak!) word, wat meebring dat lug-, water- en klankbesoedeling van die grootste kopsere is waarmee die stadsvaders in dié geooste te kampe het. Maar in ’n klassieke voorbeeld van ’n yin-yang-ewewig, huisves hierdie reuseland ook talle van die wêreld se mees skouspelagtige natuurlike wonders, waarvan die Zhangjiajie Nasionale Park in die Hunanprovinsie een van die juwele in dié kroon is.

Die owerhede het ons onlangs bederf met ’n langnaweek, wat aan ons die ideale geleentheid gebied het om besoek aan daardie deel van hierdie fassinerende land af te lê. Tussen Zhangjiajie en die nabygeleë Tianzi Mountain het ons die volgende aangetref:

  • Loopplanke met glasbodems wat enige hoogtevreeslyer van sy fobie sal genees. Permanent. Omdat hy aan ’n hartaanval sal beswyk.
  • Dosyne sweefspore, waarvan een die langste ter wêreld is. Myne is tog langer as joune.
  • Die rotsoerwoud waar die fliek Avatar verfilm is.
  • ’n Hysbak wat jou binne sekondes 330 m teen die wand van ’n krans ophys.
  • Natuurskoon wat jou mond laat oophang.
  • Miljuisende Chinese natuurliefhebbers.

Dit bly ’n eiesoortige uitdaging om in die Chinese hartland te reis, aangesien verreweg die meeste mense wat jy daar teëkom se Engels beperk is tot “hello”, “okay” en “David Beckham”. Maar aan die positiewe kant is my stomstreke-vaardighede nou weer vlymskerp. Een woord, twee lettergrepe, eerste lettergreep klink soos…

Tydens ons besoek het ons niks gebreek, verlê, verpas of verloor nie. En niks belaglik, bedroewend of byderwets het gebeur nie. Derhalwe is hierdie inskrywing eerder ’n fotoverhaal as ’n woordverhaal, en as dié tipe ding jou behaag, kom loer gerus in by Instagram, waar ’n verskeidenheid minifotoverhaaltjies van my reise oor die jare op jou wag: instagram.com/man_takes_on_world

Besoek gerus Fanie se webblad, Fanie Os Oppie Jas, en sy Facebook-blad, Fanie Os Oppie Jas: howzit my China.

Lees ook: Fanie wie?

Foto’s: Fanie van der Merwe

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest