Leesvordering:

Wat hou die toekoms van internasionale reis in?

Jan 4, 2022

Om te reis is nie meer so maklik nie, jy moet op datum wees van die lande wat jy wil besoek se kwarantynmaatreëls, wat hulle grendelvlak is en jou risiko’s analiseer in terme van jou eie gesondheid.

Met die wêreldwye implementering van inentingspaspoorte, kan die proses om te reis makliker word en sal al meer lande nie meer kwarantynperiodes vereis nie. ’n Inentingspaspoort is ’n toepassing wat jy aflaai, waar al jou inligting beskikbaar is oor die inentings wat jy ontvang het en jou covid-status. Die lughawe of grensbeheer beampte skandeer bloot ’n QR-kode om jou inligting te bekom en jou dan toe te laat al dan nie. Vir jou maak dit ook die proses makliker, omdat jy dadelik kan sien watter lande wat van jou sal vereis.

Behalwe vir inentingspaspoorte wat al meer in gebruik gaan wees, kan jy ook die volgende veranderinge in internasionale reis verwag:

  1. Wispelturige prys en reis-seisoene: Met lande se grendelstatusse wat verander namate covid-gevalle toeneem, gaan sitplekke op ’n vliegtuig met ’n beperkte aanbod vir die hoë vraag baie duur kan raak. Lande gaan moontlik probeer om net sekere maande van die jaar groot hoeveelhede toeriste toe te laat sodat daar weer tyd is om die pandemie te stabiliseer indien nodig. Sulke seisoene kan duurder reiskostes beteken.
  2. Plaaslike vervoer al meer gewild: Met talle vereistes en vorms wat deur lugrederye vereis word, is dit deesdae makliker om per trein as vliegtuig te reis. Dit is veral die geval in plekke soos in Europa waar daar minder grensbeheer is met plaaslike vervoermiddels soos busse en treine.
  3. Jou inenting kan jou beweging bepaal: Kenners reken dat die tipe inenting wat jy gekry het, ook naderhand ’n rol kan speel vir waarheen jy kan reis. Lande mag dalk begin om net mense toe te laat wat Sputnik in plaas van Pfizer of Moderna ontvang het.
  4. Toeragente speel belangriker rol: Mense gaan meer afhanklik wees van toeragente om vir hulle akkurate inligting te gee oor waarheen hulle wanneer kan reis. Versekering vir vliegkaartjies gaan ook meer in aanvraag wees en toeragente gaan ’n belangrike rol speel om die risiko’s van reis te verminder.
  5. Minder groepe, meer individue: Om die risiko te verminder dat jy na ’n ander land reis net om positief te toets vir covid voor jy moet terugkeer, behoort meer mense alleen te reis in plaas daarvan om in ’n groot toergroep te reis. Daar is al meer ’n tendens om in gesinsverband te reis en ekskursies te boek, in plaas van om deel te wees van ’n groot groep. Nie net is dit veiliger nie, maar dit verhoed ook dat jou toerplanne nie stilstaan as ander mense dalk nie die korrekte prosedures gevolg het of sou siek word nie.

Alhoewel lande se grensstatusse vinnig verander, kan almal wat van lande afkomstig is wat nie op die rooi lys is nie, byvoorbeeld na die volgende lande reis sonder ’n verpligte kwarantynperiode:

  • Verengide Koninkryk
  • Jordanië
  • Maledive
  • Dubai
  • Seychelle
  • Mexiko
  • VSA
  • Griekeland
  • Ysland
  • Switserland

Lande soos hier bo genoem vereis in meeste gevalle slegs ’n mediese sertifikaat of bewys van ’n  negatiewe COVID-toets tussen 72 en 96 ure voor jy die vertrek. In lande soos die VSA word ’n kwarantynperiode van twee weke aanbeveel, maar dit is nie verpligtend nie.

Suid-Afrika is ongelukkig steeds op die rooi lys. Die volgende lande verskyn tans almal op die rooi lys:

  • Afghanistan
  • Angola
  • Argentinië
  • Bolivië
  • Botswana
  • Brasilië
  • Burundi
  • Kaap Verde
  • Chili
  • Colombië
  • Kongo
  • Costa Rica
  • Kuba
  • Dominikaanse Republiek
  • Ecuador
  • Eritrea
  • Eswatini
  • Ethiopië
  • Frans-Guiana
  • Georgië
  • Guiana
  • Haïti
  • Indonesië
  • Lesotho
  • Malawi
  • Mayotte
  • Mexiko
  • Mongolië
  • Montenegro
  • Mosambiek
  • Mianmar
  • Namibië
  • Nepal
  • Panama
  • Paraguay
  • Peru
  • Filippyne
  • Réunion
  • Rwanda
  • Seychelle
  • Sierra Leone
  • Somalië
  • Suid-Afrika
  • Soedan
  • Tanzanië
  • Thailand
  • Tunisië
  • Uganda
  • Uruguay
  • Venezuela
  • Zambië
  • Zimbabwe
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest