Leesvordering:

Wat is afknouery?

Feb 27, 2020

DEFINISIES  

Afknouery is skadelike of aggressiewe gedrag wat op ’n aanhoudende en deurlopende wyse plaasvind en spesifiek gerig word op ’n leerder met minder gesag en selfvertroue as die boelie.

Verbale afknouery is wanneer die boelie kinders beledig, op ’n neerhalende wyse die spot met hulle dryf en dreigemente uiter.

Emosionele afknouery is wanneer negatiewe aksies herhaal word – maar nie noodwendig op ’n fisiese of verbale manier nie – en gebruik word om ander aspris emosioneel seer te maak deur byvoorbeeld skinderstories te versprei, sosiale uitsluiting, om iemand se besittings te steel, te vernietig of te beskadig, intimidasie deur gebare of dreigemente, en kuberafknouery.

Fisieke afknouery is wanneer die boelie sy liggaam gebruik om die slagoffer af te knou, byvoorbeeld om iemand te skop, te slaan, te knyp of te boks. Hierdie vorm van afknouery kan makliker as verbale en emosionele afknouery raakgesien word.

HOE KAN EK DIE TEENBOELIEBOODSKAP VERSPREI?  

Staan op vir ander – Jy kan iemand anders help deur jou ondersteuning aan te bied wanneer hulle deur ’n moeilike tyd gaan. Ons elkeen het ’n rol om te speel om afknouery in skole hok te slaan, en jy kan help om daardie droom te verwesenlik.

Verhoog bewustheid – Jy kan oor afknouery in die skool en met jou portuurgroep gesels om hulle meer daarvan bewus te maak, asook hoe afknouvoorvalle op ’n produktiewe en deursigtige wyse hanteer kan word.

Wees ’n rolmodel vir ander – Jy kan wys hoe almal behandel moet word deur ander mense met vriendelikheid te hanteer en sodoende ander aan te moedig om dieselfde te doen. Onthou: Behandel ander soos jy graag behandel wil word (Matteus 7:12).

Meld dit aan – Jy kan afknougedrag aanmeld, al is dit op jou gemik. Jy kan dit doen deur ’n onderwyser van die voorval te vertel, en wanneer dit oor die internet gebeur, kan jy dit op die sosiale netwerk rapporteer. Inligting oor hoe om dit te doen, kan op die sosiale netwerk se veiligheidsentrum gekry word.

Meer ondersteuning – Maak seker dat jy met iemand gesels wat jy kan vertrou. Dit is ook belangrik om jou ondersteuningsnetwerk te identifiseer: daardie mense in jou lewe of ondersteuningsdienste wat jy weet vir jou omgee en jou die nodige ondersteuning gee, hetsy binne of buite die skool- of werkomgewing.

HOE KAN EK MY LEERDERS AANMOEDIG OM DIE TEENBOELIEVELDTOG IN ONS SKOOL TE BEVORDER?

  • Moedig leerders aan om ’n verskil in die skool te maak en om as ambassadeurs teen afknouery op te tree.
  • Benoem ambassadeurs teen afknouery op ’n gereelde grondslag.
Meer oor die outeur

Leandie Bräsler

Leandie Bräsler is bestuurder van junior leierskapontwikkeling by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

’n Netwerk wat vir jou werk

’n Netwerk wat vir jou werk

Deur Sue-Ann de Wet Die belangrikheid van ’n ondersteunende netwerk kan nie onderskat word nie. Die bou van ’n netwerk in ’n nuwe land gaan oor meer as net sake doen of werk soek; dit gaan ook oor die skep van ’n ondersteuningsbasis wat jou kan help om die gevoel van...

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Kyk die ouer garde van ander lande jou snaaks aan as jy nog na hulle as “Oom” en “Tannie” verwys? Langarmsokkie julle nog in die sitkamer op Afrikaanse sokkietreffers? Ons kultuur is meer as net melktert en braaivleis. Wat is daardie klein gewoontes wat jy net...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest