Leesvordering:

Wat nou gemaak met jou Suid-Afrikaanse effektetrusts? – Cashkows

Jul 21, 2016

Ons het reeds die oordrag van geld oor landsgrense in diepte bespreek. Ons will graag hê jy moet ingeligde besluite neem wanneer dit by jou geld kom en die finansiële koers volg wat jou persoonlike omstandighede akkommodeer.

Daar is egter sekere finansiële produkte wat nie juis veel alternatiewe vir Suid-Afrikaanse landverhuisers bied nie – onder andere effektetrusts.

Wat is ‘n effektetrust?

Effektetrusts is beleggingsfondse wat individue toelaat om hul geld in een pot te gooi saam met ander beleggers. Dit beteken dus dat hierdie geld saamgevoeg word om ‘n groter rendement op die belegging te lewer. Effektetrusts bestaan uit gelyke onderaandele wat elk ‘n prys het. Dit word die Netto Batewaarde (NBW) genoem. Die fonds word deur ‘n fondsbestuurder behartig wat fondsbates gebruik om effektebeurse, obligasies of ‘n kombinasie van die twee aan te koop en sodoende die algehele trustwaarde te groei.  Hierdie beurse en obligasies is ‘holdings’ (besittings) en die totale fondsbesit word die portefeulje genoem.

Wat kan Suid-Afrikaners met hulle effektetrusts doen?

Daar is ongelukkig nie veel wat mens met ʼn effektetrust kan doen as Suid-Afrikaner in die buiteland nie. Om die waarheid te sê is jou keuses maar beperk tot die oordrag van jou effektetrust se regmatige eienaarskap. Sodra jy hierdie eienaarskap oorgedra het sal die nuwe eienaar die beleggingsopbrengs van jou effektetrust ontvang.

Hoe werk dit?

cashkows.com kan jou help om die regmatige eienaarskap van jou effektetrust oor te dra na ‘n nuwe eienaar. Meeste kliënte kies om die eienaarskap na hul ouers of kinders wat in Suid-Afrika bly oor te dra.

Om dit te bewerkstellig moet ons eenvoudig die besonderhede van jou belegging, sowel as die fondsbestuurder en toegewysde eienaar hê.

Hoekom juis hierdie roete volg?

Oordrag van eienaarskap van jou effektetrust sal verseker dat die nuwe eienaar voordeel uit die belegging trek. Aangesien jy nie die obrengs landuit kan skuif nie maak dit eenvoudig sin om die voordele aan ʼn familielid in Suid-Afrika oor te dra.

Benodig jy hulp met jou oordrag?

Besoek gerus cashkows.com indien jy enige vrae het aangaande jou effektetrusts of polisse.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest