Leesvordering:

Wat om als op Suid-Afrikaanse lughawens te verklaar

Mar 13, 2019

As jy een van daardie mense is wat met ʼn leë tas op vakansie gaan sodat jy dit vol kan terugbring, is dit belangrik om te weet hoeveel van wat jy in daardie tas mag pak. Dit is altyd die veiligste om al jou inkopies by doane te verklaar as jy heelwat produkte saambring. Indien jy voorgekeer word met produkte wat jy moes verklaar het maar nie het nie, kan jy beboet of aangekla word.

As jy by die lughawe afklim, moet jy ʼn kaartjie invul waarop jy aandui of jy enigiets het om te verklaar. Indien jy aandui dat jy wel goedere het wat verklaar moet word, moet jy dit ook mondelings aan ʼn doeaneamptenaar bevestig.

Belastingvrye goedere

Elke persoon mag die volgende in Suid-Afrika inbring sonder om belasting daarop te betaal:

  • 200 sigarette
  • 20 sigare
  • 250 g sigaret- of pyptabak
  • 250 ml parfuum
  • 2 ℓ wyn en 1 ℓ van enige ander soort drank
  • Een maand se medisinale voorraad vir persoonlike gebruik
  • Tot 25 kg leer-, hout-, plastiek- of glasprodukte uit lande wat lid is van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU) of die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC). Dit sluit Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland in. Handgemaakte produkte uit dié lande is ook toelaatbaar.
  • Sporttoerusting vir persoonlike gebruik

Doeanegelde en BTW

Buiten die produkte vir persoonlike gebruik hier bo, mag jy ook nog produkte ter waarde van tot R25 000 uit Botswana, Lesotho, Namibië of Swaziland saambring, en produkte ter waarde van tot R5 000 uit enige ander land. As jy dié kerf oorskry, is jy onderhewig aan doanegelde en BTW. Dit geld selfs vir produkte wat jy in belastingvrye winkels op ʼn lughawe gekoop het. Vir goedere ter waarde van tot R20 0000 is die doeanefooi 20% van die produkwaarde. Vir goedere ter waarde van meer as R20 000 is daar nie ʼn vaste fooi nie; dit word apart vir elke produk bereken. En jy moet boonop ook nog 15% BTW op al daardie produkte betaal.

Op wapens en produkte vir kommersiële gebruik, asook verbruikersgoedere wat die voorgeskrewe maksimum oorskry, word BTW en doeanegelde outomaties gehef.

Onregmatige goedere

Jy moet alle wapens, goue munte, versamelaarsmunte of -stempels en onverwerkte goud verklaar asook alle Suid-Afrikaanse banknote ter waarde van meer as R25 000 en buitelandse geld ter waarde van meer as $10 000.

Jy moet ook alle voedsel, plant-, dier- en biologiese items in jou bagasie verklaar. Dit sluit plantprodukte soos saad, vrugte, heuning en blomme in asook suiwelprodukte en vleis. En ja, dit beteken jy mag nie jou biltong orals heen saamsmokkel nie.

Terugeis van BTW

As jy ʼn toeris is , kan jy BTW op jou aankope terugeis. Hou eenvoudig jou betaalstrokies en dien dit op die lughawe by ʼn belastingsagent in, of laat stempel dit deur ʼn doeane-agent.

Tref voorsorg

Die beste voorsorg wat jy kan tref, is om die betaalstrokies van alles wat jy in die buiteland en by belastingvrye winkels aangekoop het byderhand te hou. As jy onseker is oor die waarde van die goedere, kan jy by doeanebeamptes navraag doen. Die goue reël is om liewer te verklaar as jy onseker is.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest