Leesvordering:

WEN met Wêreldwyd: Kersfees kom vroeg hierdie jaar!

Des 1, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun.

Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak. Die Wêreldgids het tans meer as ’n duisend ondernemings, van prokureurs in Nieu-Seeland tot ’n Suid-Afrikaanse restaurant in Texas.

Kyk die video en staan ’n kans om een van ses Kokoriba-wegbreke te wen, ons vroeë Kersgeskenk aan almal wat ons deur die jaar ondersteun het.

So maak mens:

  • “Like” Wêreldwyd se Facebook-blad.
  • Deel die Beskuittrein-video op jou sosiale media en “tag” al jou vriende en familielede in die buiteland in die kommentaar.
  • Drie gelukkige AfriForum-lede wat die Beskuittrein-video deel, sal elkeen ’n tweenagnaweekwegbreek vir vier mense by Kokoriba wen.
  • Drie gelukkige AfriForum-lede wat die Beskuittrein-video deel, sal elkeen ’n tweenagwegbreek in die week vir vier mense by Kokoriba wen.
  • Die kompetisie skop op 1 Desember 2021 af en die gelukkige trekking sal op 15 Desember 2021 plaasvind. Die wenners sal op ons sosialemediaplatforms aangekondig word.

Gryp die sonskerm, trek jou baaikostuum aan en begin solank dink wie jy wil saamneem op dié lekker wegbreek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest