Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Australië

Sep 6, 2021

Dit is uitdagend om in ’n nuwe land aan te pas. Wêreldwyd is hier om jou te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!

Ons fokus hierdie maand op ondernemings in Australië wat jul kan ondersteun.

  1. Love Sam Jewellery
    Handgemaakte juweliersware in Australië. LEES MEER.

 

  1. Boekwurm.com.au
    Afrikaanse kinderboeke in Australië. Van ou gunstelinge tot beginnerboekies, aktiwiteitsboeke, plus ’n reeks kinderbybels vir die heel kleinste kabouters tot ervare self-lesers. LEES MEER.

  1. Rudi du Preez – Amber Wechon
    Eiendomsagent in Queensland, Australië. LEES MEER.

 

  1. Vintage Vibe
    Geleentheidstilering (“event styling”) vir funksies soos verjaarsdae, babatees en alle spesiale geleenthede. LEES MEER.

  1. Hendrik van Wyk
    Dr. van Wyk is ’n ervare Afrikaanse algemene praktisyn met ’n passie vir algemenepraktykwerk, in Carina, Queensland en omgewing. LEES MEER. 
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest