Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Australië

Jul 16, 2020

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Afrikaans soos melktert en pannekoek by ‘n kerkbasaar. Op Wêreldgids kan Suid-Afrikaners in die buiteland uitvind waar hulle al hulle Suid-Afrikaanse gunstelinge kan kry. Die Wêreldgids bevat inligting van ondernemings in Suid-Afrikaanse besit in 54 lande regoor die wêreld! Daar is van Afrikaanse kerkdienste en dokters tot prokureurs en tutors. Hierdie maand fokus ons op ondernemings in Australië wat jy kan ondersteun.

Eet by Ostrich & the Egg

Ostrich & the Egg is ‘n familiebeheerde Suid-Afrikaanse eetplek wat fokus op ikoniese straatkos en Kaaps-Maleise koeksister-oliebolle. Hulle “Suid-Afrikaanse kombuis en kroeg” bied ‘n gemaklike, informele eetervaring en Suid-Afrikaanse humor wat jou laat tuis voel.

Koop by Fingerboards R’Us

Vingerbord bring vriende en familie bymekaar. Dit is ‘n speletjie wat sorg vir hope pret, en jonk en oud kan dit saam geniet. Pak jou vingerbord uit wanneer jou vriende kom kuier of as die reën jou binne vaskeer.

Laat Silky Oaks Chiropractic vir jou gesondheid sorg

Dr. Jan Jones het 17 jaar se ervaring as chiropraktisyn. Sy praktyk, Silky Oaks, is in Carindale geleë. Jou algehele welstand is dr. Jones se prioriteit. Hy bied ‘n volhoubare manier om van pyn ontslae te raak sodat jy jou lewe voluit kan geniet.

i-Style by Lynette maak jou tuiste mooi

“Skep die tuiste van jou drome.” i-Style help jou om ‘n kleurskema te kies, meubels uit te soek en jou huis of onderneming te herstileer.

Laat diens jou motor by Cartune Mechanics

Cartune Mechanics is ‘n familiebesigheid met ‘n ultramoderne meganiese werkswinkel in Joyner! Hulle verskaf ‘n wye reeks motorwerktuigkundige dienste.

Lys jou onderneming gratis op die Wêreldgids en word deel van die Wêreldwyd-familie.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest