Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Dubai

Aug 10, 2021

Dit is uitdagend om in ’n nuwe land aan te pas. Wêreldwyd is hier om jou te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees is om ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal is net te ver weg.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van die wonderlike netwerkgeleentheid!

Ons fokus hierdie maand op ondernemings in Dubai wat jul kan ondersteun.

  1. Suid-Afrikaanse ambassade Verenigde Arabiese Emirate
    Wat: Ambassade
    Ambassade van Suid-Afrika in die Verenigde Arabiese Emirate. Lees meer.

  1. Dubai Afrikaanse Kerk
    Wat: Kerk
    Ons glo in ’n Christelike lewe wat sin maak en saak maak. Om ’n hart vir ongelowiges te hê, hier in Dubai tot aan die einde van die wêreld. Lees meer. 

  1. Jannah Photography
    Wat: Professionele trou-, verlowing-, familie- en leefstylfotograaf in Dubai. Lees meer. 

  1. Just Be
    Wat: Handgemaakte juweliersware
    Dubai-gebaseerde unieke handgemaakte juweliersware. Lees meer. 

  1. The Chop Shop
    Wat: Slaghuis
    ’n Trots Suid-Afrikaanse slaghuis in Dubai. Vir jou beste snitte en beste gehalte Australiese lamsvleis, Suid-Afrikaanse beesvleis en plaaslike hoender. Ons het ’n reeks produkte van kruierige/gematigde/kaaswors en burgers tot boerewors, biltong en droëwors. Lees meer. 

  1. Openminds Center
    Wat: Mediese sentrum
    Dr. Malan is ’n Suid-Afrikaans opgeleide psigiater. Sy is gemaklik met die behandeling van talle verskillende volwasse geestesgesondheidstoestande op ’n biopsigososiale wyse deur elke pasiënt deeglik te ondersoek en persoonlik te bestuur. Lees meer.

  1. The Grand Grill Steakhouse
    Wat: Suid-Afrikaanse restaurant
    ’n Uniek gestileerde en bekroonde Suid-Afrikaanse braairestaurant wat sedert 2006 ’n integrale deel van die Dubai Marina se sosiale landskap is. Trots om jou ’n eg Suid-Afrikaanse braairestaurantervaring te bied. Lees meer. 
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest