Leesvordering:

Wêreldgids in fokus – Europa

Okt 13, 2020

Om in ‘n nuwe land aan te pas is ‘n uitdaging. Die Wêreldgids het ten doel om mense wat besig is om in die buiteland aan te pas te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun. Hier kan jy winkels, kerkdienste, dokters en selfs tutors se inligting bekom en ondersteun.

Hierdie maand fokus ons op sakeondernemings in Europa wat jy kan ondersteun.

Braai in Amsterdam

By Braai in Amsterdam kan jy die geselligheid van ‘n vuur geniet en smul aan braaivleis net soos ‘n doodgewone Saterdagmiddag in Suid-Afrika.

By restaurante in Westerpark en Riviernebuurt kan jy uit ‘n uiteenlopende braai spyskaart kies wat braaivleis, brood en hummus, en biltong insluit.

Braai bied ‘n gesellige atmosfeer met eg Suid-Afrikaanse kos vir wanneer ‘n warm Saterdagmiddag aan jou deur klop.

Doen inkopies by Die Spens

Die Spens is geleë langs die A1 in Amersfoort en is net ‘n klipgooi weg van Nederland, België en Duitsland. By Die Spens kan jy Suid-Afrikaanse gunstelinge in jou inkopiesakke pak. Al die bekende lekkernye sluit in Mrs Balls Chutney, Ouma Beskuit, Robertson spices en Iwisa  Mieliemeel – net om ‘n paar te noem.

Maak jou eie by Afrikos

Afrikos bied werkswinkels en kursusse aan in jou gunsteling Suid-Afrikaanse kostradisies. Afrikos verskaf al die speserye wat jy benodig om tuis jou tradisies te maak en te bedien. Smag jy na ‘n lekker bord bobotie? Dan is Afrikos die plek om te skakel vir jou eie persoonlike sakkie vol speserye!

Alle Suid-Afrikaanse spys en drank by Kuierkos

Kuierkos is jou tuiste weg van jou tuiste! Hier bied hul vir jou die geleentheid om te smul aan allerlei Suid-Afrikaanse gunstelinge wat bier, biltong en wyn insluit! As jy die hele Suid-Afrika op een aanlynplek wil beleef, is Kuierkos die plek om by te kuier.

Hier kan jy van ‘n soetigheid soos melktert tot ‘n koue Zamalek bestel en dit word op jou voorstoep afgelewer.

Maak jou vensters reg by uPVC Repairs

uPVC spesialisser in die herstel van vensters, deure en slotte in Engeland. Met 19 jaar in die bedryf, is dit die plek wat in ‘n japtrap jou regstellings sal behartig.

Eet by JAN

JAN is ‘n klein fynproe restuarant in die Nice Port Distrik in Frankryk. Hier kan jy Suid-Afrikaanse gasvryheid geniet saam met disse wat inspirasie put uit plaaslike produkte.

Besoek Johan Ackhust vir jou tandprobleme

Johan Ackhust is ‘n tandarts vanuit die Wes-Kaap in Suid-Afrika en spesialiseer in tandheelkunde, mondchirurgie en implante. Jy kan hom gerus besoek in België.

 

Hoe lyk jou netwerk in die buiteland? Laat weet ons en stuur ʼn e-pos by wereldwyd@afriforum.co.za. En klik en jy is tuis!

Lees ook Wêreldgids in fokus – Verenigde Koninkryk

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest